Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 2/8 bl. 31
  • Parfuum deur die eeue heen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Parfuum deur die eeue heen
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Daardie duur parfuums
    Ontwaak!—1991
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die gebruik van skoonheidsmiddels in Bybeltye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Ilang-ilang—ekstrak van die parfuumeiland
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 2/8 bl. 31

Parfuum deur die eeue heen

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN MEXIKO

Parfuum het ’n ou geskiedenis. Die vroegste parfuumbereiding het vermoedelik begin toe gom en harpuis as reukwerk tydens godsdienstige seremonies verbrand is. Die woord “parfuum” kom dus van die Latyn per fumum, wat “deur rook” beteken. Parfuum is reeds in die tyd van die Egiptenaars gebruik. Toe farao Toetankamen se graf oopgemaak is, is meer as 3 000 flessies met parfuum gevind wat na meer as 30 eeue nog steeds van hulle reuk behou het!

Vyftienhonderd jaar voor die Gewone Jaartelling is “die keurigste welriekende stowwe” by die bestanddele ingesluit wat God gegee het vir die heilige salfolie wat deur die Israelitiese priesters gebruik is (Eksodus 30:23-33). Welriekende salwe is deur die Hebreërs gebruik vir kosmetiese en medisinale doeleindes, asook om die dooies vir die begrafnis voor te berei—dit het ongetwyfeld as ontsmettingsmiddels en reukweermiddels gedien. Vroue het byvoorbeeld speserye en welriekende olie na die graf geneem om op Jesus se liggaam te gebruik (Lukas 23:56; 24:1). In die Israelitiese huis is dit as ’n daad van gasvryheid beskou om die voete van ’n gas met welriekende olie te salf.—Lukas 7:37-46.

Gedurende die eerste eeu het Rome na bewering jaarliks ongeveer 2 800 ton wierook en 550 ton mirre gebruik. Hierdie geurige stowwe is ook as geskenke na die kind Jesus geneem (Matteus 2:1, 11). Romeinse keiser Nero het blykbaar in 54 G.J. die ekwivalent van R900 000 bestee om die lug by ’n partytjie ’n aangename geur te gee. Verskuilde pype in sy eetsale het die gaste met ’n sproeireën van geparfumeerde water gesproei. Sedert die sewende eeu G.J. het die Chinese van reukwater gebruik gemaak, onder andere vir reuksakkies. Gedurende die Middeleeue is parfuums in die Islamitiese kultuur gebruik, veral roosgeure.

Gedurende die 17de eeu het die parfuumbedryf so goed gevestig geraak in Frankryk dat die hof van Lodewyk XV die parfuumhof genoem is. Reukwater is nie net aan die vel aangewend nie, maar ook aan klere, handskoene, waaiers en meubels.

Keulse water (cologne), wat in die 18de eeu uitgevind is, is in badwater gebruik, met wyn gemeng, op ’n suikerklontjie as ’n mondspoel geëet en om medisinale redes in maagspoelings en trekpleisters gebruik. Gedurende die 19de eeu is kunsmatige reukwater ontwikkel. Die eerste parfuums wat nie vir medisinale gebruik geskik was nie, is dus bemark. Vandag het die parfuumbedryf ’n omset van miljarde rande.a

[Voetnoot]

a Die kwessie van sensitiwiteit vir parfuum word in die nommer van 8 Augustus 2000 bespreek.

[Prent op bladsy 31]

Egipte, parfuumflessie uit Toetankamen se graf, 14de eeu v.G.J.

[Erkenning]

Werner Forman/Egyptian Museum, Cairo, Egypt/Art Resource, NY

[Prent op bladsy 31]

Griekeland, 5de eeu v.G.J.

[Erkenning]

Musée du Louvre, Paris

[Prent op bladsy 31]

Frankryk, 18de eeu G.J.

[Erkenning]

Avec l’aimable autorisation du Musée de la Parfumerie Fragonard, Paris

[Prent op bladsy 31]

Hedendaagse parfuumbottel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel