God gee wel om!
DIE manier waarop God die opstand hanteer wat in Eden begin het, toon sy innige liefde vir elkeen van ons en sy besorgdheid oor ons toekoms. Kyk asseblief na die volgende bewyse dat God werklik vir ons omgee, en lees die teksverwysings in jou Bybel.
● Hy het die aarde voorsien, wat vol natuurlike prag, fassinerende dierelewe en vrugbare grond is.—Handelinge 14:17; Romeine 1:20.
● Hy het ons ’n wonderlike liggaam gegee wat ons in staat stel om genot uit alledaagse ondervindinge te put, soos om heerlike kos te proe, ’n sonsondergang te sien, ’n kind te hoor lag en die tere aanraking van ’n geliefde te voel.—Psalm 139:14.
● Hy voorsien ons van wyse leiding wat ons help om probleme en druk die hoof te bied.—Psalm 19:7, 8; 119:105; Jesaja 48:17, 18.
● Hy gee vir ons ’n wonderlike hoop, insluitende die vooruitsig om vir ewig in ’n paradys op aarde te lewe en te sien hoe ons afgestorwe dierbares opgewek word.—Lukas 23:43; Johannes 5:28, 29.
● Hy het sy eniggebore Seun gestuur om vir ons te sterf sodat ons die hoop kan hê om vir ewig te lewe.—Johannes 3:16.
● Hy het die Messiaanse Koninkryk in die hemel opgerig en ons voorsien van oorvloedige bewyse dat die Koninkryk binnekort volle beheer oor die aarde sal oorneem.—Jesaja 9:6, 7; Matteus 24:3, 4, 7; Openbaring 11:15; 12:10.
● Hy nooi ons om hom in gebed te nader, om ons hart teenoor hom uit te stort, en wanneer ons dit doen, luister hy werklik.—Psalm 62:8; 1 Johannes 5:14, 15.
● Hy verseker mense herhaaldelik van sy innige liefde en diepe besorgdheid.—1 Johannes 4:9, 10, 19.