Is dit ontwerp?
Die navigasiestelsel van die vlinder
◼ Al is die koningvlinder se brein omtrent net so groot soos die punt van ’n balpuntpen, migreer hy tot 3 000 kilometer van Kanada af na ’n klein woud in Mexiko. Hoe vind die insek sy pad?
Dink hieraan: Koningvlinders het ’n sonkompas wat rigting bepaal deur die posisie van die son te gebruik. Maar dit is nie al nie. Om te vergoed vir die beweging van die son, gebruik hierdie insekte ook ’n merkwaardig akkurate sirkadiese klok—’n biologiese funksie wat gebaseer is op ’n 24-uur-dag. Dr. Steven Reppert, ’n neurobioloog, sê dat koningvlinders “se sirkadiese klok op ’n heeltemal ander manier werk as dié van ander insekte en diere wat tot dusver bestudeer is”.
As wetenskaplikes meer leer omtrent die geheime van die koningvlinders se interne klok, kan dit hulle dalk meer insig gee in die sirkadiese klokke van mense en diere. Dit kan ook tot nuwe terapieë lei vir neurologiese kwale. “Ek wil verstaan hoe die brein inligting oor tyd en ruimte verwerk”, sê Reppert, “en die koningvlinder is ’n skitterende voorbeeld hiervan.”
Wat dink jy? Het die ingewikkelde navigasiestelsel van die koningvlinder per toeval ontstaan? Of lewer dit bewys van ’n intelligente Ontwerper?
[Diagram/Kaart op bladsy 10]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Die koningvlinder migreer tot 3 000 kilometer van Kanada af na ’n klein woud in Mexiko
[Kaart]
KANADA
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
MEXIKO
MEXIKOSTAD
[Foto-erkenning op bladsy 10]
Agtergrond: © Fritz Poelking/age fotostock