Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 1 bl. 14
  • Kennis wat ons nader aan God laat kom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kennis wat ons nader aan God laat kom
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons Skepper het ’n persoonlike naam
  • Jehovah is ’n liefdevolle God
  • Jehovah is ’n God wat bereid is om te vergewe
  • Jehovah wil hê dat ons tot hom moet bid
  • ‘Hou aan om mekaar vryelik te vergewe’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Jehovah – Die beste voorbeeld van vergifnis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Wat is die waarheid omtrent God?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wie is God?
    Wat kan die Bybel ons leer?
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 1 bl. 14

Kennis wat ons nader aan God laat kom

Ons Skepper is nie net ’n onpersoonlike krag nie. Hy het goeie eienskappe. En hy wil hê dat ons hom moet leer ken en nader aan hom moet kom (Johannes 17:3; Jakobus 4:8). Dit is hoekom hy so baie oor homself geopenbaar het.

Ons Skepper het ’n persoonlike naam

“Mag mense weet dat u, wie se naam Jehovah is, u alleen die Allerhoogste oor die hele aarde is.” – PSALM 83:18.

Die Bybel leer dat Jehovah die enigste ware God is. Hy is die Skepper van die heelal en van alle lewe. Hy alleen verdien ons aanbidding. – Openbaring 4:11.

Jehovah is ’n liefdevolle God

Die Skepper se naam, Jehovah, geskryf in Hindi, Pandjabi, Goedjarati, Teloegoe, Tamil en Engels.

“God is liefde.” – 1 JOHANNES 4:8.

Jehovah gebruik die Bybel en die dinge wat hy geskep het om vir ons te leer watter tipe persoon hy is. Liefde is sy belangrikste eienskap. Alles wat hy doen, word deur liefde gemotiveer. Hoe meer ons van Jehovah leer, hoe meer sal ons hom liefhê.

Jehovah is ’n God wat bereid is om te vergewe

“U is ’n God wat vryelik vergewe.” – NEHEMIA 9:17.

Jehovah weet dat ons onvolmaak is. Daarom is hy “’n God wat vryelik vergewe”. Wanneer ons vir hom sê dat ons jammer is en hard probeer om nie verkeerde dinge te doen nie, sal hy ons vergewe en nie ons vorige sondes teen ons hou nie. – Psalm 103:12, 13.

Jehovah wil hê dat ons tot hom moet bid

“Jehovah is naby almal wat hom aanroep . . . Hy hoor hulle geroep om hulp.” – PSALM 145:18, 19.

Jehovah vereis geen spesiale rituele of godsdiensvoorwerpe om hom te aanbid nie. Hy luister na ons gebede net soos liefdevolle ouers na hulle kinders luister.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel