Lied 14
‘Wees bly, o nasies’!
1. Wees bly,o nasies,met sy naamvolk!
Gods Koninkryk is hier.
Ja,Christus Jesus heers op Sion;
Laat almal dit nou vier!
Die “sewe tye”het geeindig;
Geen nasie kon dit keer.
Wees bly,o nasies,met sy naamvolk!
Dis Christus wat regeer.
2. Wees bly,o nasies,met sy naamvolk!
Die stelsel gaan verby,
Want Armageddon is ophande;
Dit kan nie meer lank bly.
Wyl mense nog hul gruwel aanhang,
Die Vredevors verstoot,
Groet ons die Koning met gejubel;
Sy heerskappy vergroot.
3. Wees bly,o nasies,met sy naamvolk!
Verkondig deur die land
Die goeie nuus vir alle nasies.
Getuig van strand tot strand
Dat Christus heers met reg en wysheid.
Hy dien as God se Kneg.
Wees bly,o nasies,met sy naamvolk!
Dien God getrou,opreg.