Lied 77
‘Jehovah is my Herder’
(Psalm 23)
1. Jehovah God is my Herder;
Dus vrees ek geen pyn of leed.
Want Hy wat trou vir sy skape sorg,
Sal nimmer selfs een vergeet.
Hy lei na waters waar rus is,
Verkwik my siel deurentyd.
Hy lei my steeds om sy naams ontwil
In weëvan geregtigheid.
Hy lei my steeds om sy naams ontwil
In weëvan geregtigheid.
2. Al gaan ek ook deur diep skadu,
Nooit vrees ek iets slegs of boos,
Want my Groot Herder is na aan my;
Sy staf gee my raad en troos.
My hoof verkwik hy met olie;
My beker loop altyd oor.
Sy guns en goedheid sal my steeds volg;
Ek word deur sy huis bekoor.
Sy guns en goedheid sal my steeds volg;
Ek word deur sy huis bekoor.
3. Hoe wys en goed is my Herder!
Sy lof sal ek steeds besing.
Die blye nuus van sy tere sorg,
Wil ek ook aan ander bring.
Sy Woord sal ek getrou nakom,
Omsigtig loop in sy weë.
Die skat van diens wil ek altyd smaak,
En daagliks my beste gee.
Die skat van diens wil ek altyd smaak,
En daagliks my beste gee.