Lied 117
Die huwelik—God se reëling
1. Die eg is God se reëling;
So word twee mense een.
Dit is ’n band van eenheid
En strek die mens tot seën.
As man en vrou verbind is
In die gewyde staat,
Kan hul Jehovah saam dien—
Elk met sy eie maat.
2. God gee aan ons die Bybel;
Dit leer vir ons sy weë.
Dit toon dat mans die hoof is;
Hul moet die leiding gee.
‘Jul moet jul vroue liefhê.
’Dít is wat God vereis.
Sy wat haar man eerbiedig,
Is kosbaar, waarlik wys.
3. Drie stringe maak ’n tou sterk,
Veel sterker as net twee.
Plaas God in julle huw’lik
Dan is daar minder wee.
Gewers sal meer geluk smaak.
Dis iets wat ons moet leer.
Wyl ons Jehovah God dien,
Moet ons ons gade eer.