Lied 168
Erken die aarde se nuwe Koning
1. Kyk oor die hele aarde heen—
Jy sien ’n dapper skare.
Jehovah God se leërmag
Is eensgesind,ervare.
Hul helme blink weerkaats die lig,
Jaag vrees en dwaling op die vlug.
Aan almal bring hul die berig:
“Chris- tus heers!O aard’,aanvaar hom.”
(Refrein)
2. Die Koning,Jesus,voer hul aan;
Hul luister na sy woorde.
Net wat hy sê,dit word gedoen;
Hul gaan na al le oorde.
Hul swaai hulswaard,die Woord van God.
Die goeie nuus is hul genot.
Hul wandel volgens Sy gebod.
Vir die dood is hul nie bang nie.
(Refrein)
3. Want kyk,die tyd het aangebreek
Dat Christus heers as Koning.
Sy vyande kry gou hul straf,
Sy vriende,hul beloning.
Jehovah God ontbloot sy arm.
Gehoorsaam sy basuinalarm,
Dan sal hy hom oor jul erbarm.
Julle heersers, dien die Koning.
(Refrein)
Kus die Seun,vermy Gods woede,
Dan kan jy vir ewig leef.
Hoe gelukkig is die wat na
God se guns bly streef!