Lied 178
Die oortreffende “vrede van God”
1. Aan vrede ongekend
Raak die man van God gewend.
Daar is minder wat hom hinder,
Al sy angs is op ’n end.
Ons harte word behoed;
Dit gee rus aan die gemoed.
En die rede vir die vrede
Is dat God se “kneg” ons voed.
2. Bekommernis en vrees
Is die lot van alle vlees.
Angs verbyster,sorge teister
En versuur die mens se gees.
Maar ons raak nie ontsteld,
Want ons God sal ons vergeld.
Sy ontferming en beskerming
Lei tot vre de,nie geweld.
3. Jehovah onderskraag
Die wat al’s in sy diens waag.
So genadig en milddadig
Lei hy diéwat hom behaag.
Sy vrede is soos dou;
Dit gee krag om aan te
hou.God se leiding bied bevryding,
En sy gees versterk ons nou.