Lied 185
Die opstanding—God se liefdevolle voorsiening
1. Die dode word weer op ge wek—
Van God kry ons die hoop.
Die Lam van God verseker dit—
Hy het ons vrygekoop.
Eers sal verrys die ‘kuddeklein’;
Hul kry die lewenskroon.
Vir trou tot in die dood bewys,
Kry elk ’n koningstroon.
2. Die ‘groot wolk van ge tui es’bied
Hy ook die lewe aan.
Hul kry ’n “beteropstanding”,
Soos in die Bybel staan.
En ons kan hoop dat elke ‘skaap’
Wat moontlik nog mag sterf
Weer vroeg uit grafte sal verrys
Om lewe te beërf.
3. Die Seun se stem sal dooies hoor
En dan sal hul verrys
Om met die rower aan die paal
Te woon in Paradys.
Na duisend jaar volg nog ’n toets—
Dit is die laaste een—
Dan kry al diéwat staande bly
Vir ewig God se seën.
4. Wiehoort tot Gods ‘kleinkuddetjie
’Of “anderskape”is,
Vertel vir diéwat treur en ween
Van hierdie hoop gewis.
Wees ryk in goeie werke wat
Die Heer van ons verlang.
Jul weet die dood kan nie verhoed
Dat jul jul loon ontvang.