Lied 190
’n Lied tot Jehovah
1. ’n Lied wil ons blymoedig sing Voor
God, wat ons met broers omring,
Om so aan hom ons dank te bring
En hom in sang te eer.
Sy Woord en gees moet ons steeds lei;
Slegs dan sal ons sy vriende bly.
Sy waarheid maak ons waarlik vry.
Lofwaardig is ons Heer.
2. Ons dank God vir sy helder lig
Wat ons deur aardse duister rig;
So bly die regte weg in sig
En hoef ons niks te vrees.
Ons dank hom vir die Christenhoop;
In duister hoef ons nie te loop,
Want Jesus het ons vrygekoop.
Laat ons dus dankbaar wees.
3. Sing hierdie lied so wonder-skoon,
En dien Jehovah voor sy troon.
Sy gunsgenoot sal hy beloon.
Ons bid dus deur sy Seun:
“Jehovah God,so goed en trou,
U wette sal ons dankbaar hou.
Verhoor ons bede,gee ons nou
U liefde,sorg en steun.”