Lied 215
Toon barmhartigheid aan ander
1. Toe Jehovah nou eenmaal besluit het:
Deur ’n vloed moet die wêreld vergaan,
Gee hy Noag die nodige opdrag:
‘Bou ’n ark,preek die woord en ver- maan!
’Maar neem Noag die opdrag nie aan nie?
Hy het immersnooit arke gebou.
Hy benut eerder God se genade,
En hy bou en hy preek ook getrou.
2. Ook vandag loop ’n wêreld ten einde,
En genadig het God weer beveel
Dat die nuus van die einde vertel word,
En dat ons dit met almal moetdeel.
Sêjy nou:“Ek kan regtig nie preek nie.
My verstand laat my soms in die steek”?
Maar as jy Sy genade ontvang het
Dan sal Godsgees jou help om te preek.
3. God het waarheid en goedheid verenig,
En net blydskap kom voor in ons “land”.
Dis ’n voor-smaak van Konink-ryks-vreug de
Wat sal kom van Jehovah se hand!
Kom ons toon dus genade aan ander
Deur hul heinde en ver te vermaan:
‘Stel nie uit!Wy jul toe aan Jehovah.
Dien sy Koninkryk wat reeds bestaan.’