Lied 223
U lojale dienaars sal u prys
1. Jehovah God,ons Opperheer,
Lojales sal u prys.
U handewerk en heerlikheid
Is waarop hulle wys.
Verhe we,ewig,groot
En lofwaardig is u,Heer.
On peilbaar is u weg,
U sterke hand,u heil’ge leer .
U troue knegte jubel saam;
Hul harte loop nou oor.
Tot mensekinders wil hul spreek
Oor al’s wat hulle hoor.
2. Jehovah God kies een geslag
Om goeie nuus te bring.
Die rein geslag het nou verskyn
Tot sy verheerliking.
Die troue diens-knegklas
Moet die “anderskape”voed.
In hierdie wêreld sal
Hul herder,Jesus,hulle hoed.
Hul is lojaal en loof u werk;
Hul prys u heil’ge naam.
Dit borrel uit as hulle spreek
Oor u en u groot faam.
3. Jehovah is vir almal goed;
Dit ly geen twyfel nie.
Deur Jesus gaan hy mense red
Wat leef in harmonie.
Lank- moedigheid en trou
Sal ons Heer vir ewig toon.
Hoe dankbaar moet ons wees
Dat hierdie God by ons wil woon!
Hy rig ons op sodra ons val,
Versadig al wat leef.
Dus prys ons hom die heeldag lank
Wyl ons na vrede streef.