Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 6
  • Die kind van die belofte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kind van die belofte
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kind van die belofte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die kind wat belowe is
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Volg hulle geloof na
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 6

Hoofstuk 6

Die kind van die belofte

JOSEF en Maria keer nie na Nasaret terug nie maar bly in Betlehem. En toe Jesus agt dae oud is, laat hulle hom besny soos God se Wet aan Moses bepaal. Dit is blykbaar ook die gebruik om ’n seuntjie op die agtste dag sy naam te gee. Hulle noem toe hulle kind Jesus, soos die engel Gabriël beveel het.

Meer as ’n maand verstryk, en Jesus is 40 dae oud. Waarheen neem sy ouers hom nou? Na die tempel in Jerusalem, wat net ’n paar kilometer is van waar hulle bly. Volgens God se Wet aan Moses moet ’n moeder 40 dae ná die geboorte van ’n seun ’n reinigingsoffer by die tempel bring.

Dit is wat Maria doen. As haar offer bring sy twee voëltjies. Dit verraai iets aangaande die finansiële posisie van Josef en Maria. Die Wet van Moses bepaal dat ’n jong ram, wat baie waardevoller is as voëls, geoffer moet word. Maar as die moeder dit nie kon bekostig nie, sou twee tortelduiwe of duiwe voldoende wees.

In die tempel neem ’n ou man Jesus in sy arms. Sy naam is Simeon. God het aan hom geopenbaar dat hy nie sal sterf voordat hy Jehovah se beloofde Christus, of Messias, gesien het nie. Toe Simeon op hierdie dag by die tempel kom, rig die heilige gees hom na die kind wat deur Josef en Maria gedra word.

Terwyl Simeon Jesus vashou, dank hy God en sê: “Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor al die volke—’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”

Josef en Maria is verbaas wanneer hulle dit hoor. Daarna seën Simeon hulle en sê hy vir Maria haar seun “is bestemd tot ’n val en ’n opstanding van baie in Israel”, en droefheid sal haar siel soos ’n skerp swaard deurboor.

Die 84-jarige profetes Anna is hierdie dag by die tempel. Trouens, sy bly nooit weg van die tempel nie. In dieselfde uur kom sy nader en begin sy God dank en met almal wat wil luister oor Jesus praat.

Hoe verheug is Josef en Maria tog oor hierdie gebeure by die tempel! Dit maak hulle nog sekerder dat die kind die Beloofde van God is. Lukas 2:21-38; Levitikus 12:1-8.

▪ Wanneer was dit blykbaar die gebruik om ’n Israelitiese seuntjie sy naam te gee?

▪ Wat moes ’n Israelitiese moeder doen wanneer haar seun 40 dae oud is, en hoe het die nakoming van hierdie vereiste Maria se finansiële posisie verraai?

▪ Wie erken by hierdie geleentheid die identiteit van Jesus, en hoe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privacy Settings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel