Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 7
  • Jesus en die sterrewiggelaars

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus en die sterrewiggelaars
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus en die sterrewiggelaars
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Sterrevoorspellers besoek Jesus
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wie was die “drie wyse manne”? Het hulle die “ster” van Betlehem gevolg?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wie het die “ster” gestuur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 7

Hoofstuk 7

Jesus en die sterrewiggelaars

’N AANTAL manne kom uit die Ooste. Hulle is sterrewiggelaars—mense wat beweer dat hulle die stand van sterre kan uitlê. Terwyl hulle in die Ooste was, het hulle ’n nuwe ster gesien en dit honderde kilometers na Jerusalem gevolg.

Toe die sterrewiggelaars in Jerusalem aankom, vra hulle: “Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.”

Toe koning Herodes in Jerusalem hiervan hoor, is hy baie ontsteld. Daarom laat hy die owerpriesters roep en vra waar die Christus gebore sou word. Op grond van die Skrif antwoord hulle: “Te Betlehem.” Herodes ontbied hierop die sterrewiggelaars en sê vir hulle: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.” Maar Herodes wil in werklikheid die kindjie vind om hom dood te maak!

Ná hulle vertrek gebeur iets verbasends. Die ster wat hulle gesien het toe hulle in die Ooste was, trek voor hulle uit. Dit is duidelik geen gewone ster nie maar is spesiaal voorsien om hulle te lei. Die sterrewiggelaars volg dit tot dit gaan staan bo die huis waar Josef en Maria woon.

Toe die sterrewiggelaars in die huis ingaan, vind hulle Maria met haar kindjie, Jesus. Hulle kniel almal voor hom. En hulle haal uit hulle sakke geskenke: goud, wierook en mirre. Toe hulle later wil terugkeer om vir Herodes te vertel waar die kind is, waarsku God hulle in ’n droom om dit nie te doen nie. Hulle gaan dus met ’n ander pad terug na hulle land.

Wie dink jy het die ster voorsien wat die sterrewiggelaars gelei het? Onthou, die ster het hulle nie reguit na Jesus in Betlehem gelei nie. Dit het hulle eerder na Jerusalem gelei waar hulle in aanraking gekom het met koning Herodes wat Jesus wou doodmaak. En hy sou dit gedoen het as God nie ingegryp en die sterrewiggelaars gewaarsku het om nie vir Herodes te gaan vertel waar Jesus is nie. Dit was God se vyand, Satan die Duiwel, wat wou hê dat Jesus doodgemaak moes word, en hy het daardie ster gebruik om sy doel te probeer bereik. Mattheüs 2:1-12; Miga 5:1.

▪ Wat toon dat die ster wat die sterrewiggelaars gesien het nie ’n gewone ster was nie?

▪ Waar is Jesus toe die sterrewiggelaars hom vind?

▪ Hoe weet ons dat Satan die ster voorsien het om die sterrewiggelaars te lei?

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privacy Settings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel