Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 39
  • Die trotsaards en die nederiges

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die trotsaards en die nederiges
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Die trotsaards en die nederiges
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 39

Hoofstuk 39

Die trotsaards en die nederiges

NADAT Jesus die deugde van Johannes die Doper opgenoem het, wend hy hom tot die trotse, wispelturige mense rondom hom. “Hierdie geslag”, sê hy, “is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.”

Wat bedoel Jesus? Hy verduidelik: “Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ’n duiwel. Die Seun van die mens het gekom—Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars.”

Dit is onmoontlik om die mense tevrede te stel. Niks behaag hulle nie. Johannes lei as nasireër ’n sobere lewe van selfverloëning, in ooreenstemming met die engel se verklaring dat ‘hy nooit wyn en sterk drank sal drink nie’. En tog sê die mense dat hy van die duiwel besete is. Jesus, daarenteen, lewe soos ander mense, sonder strenge onthouding, en hy word van onmatigheid beskuldig.

Hoe moeilik is dit tog om die mense tevrede te stel! Hulle is soos speelmaats, waarvan sommige weier om te dans wanneer ander kinders op die fluit speel of om te treur wanneer hulle maats ’n klaaglied sing. Jesus sê nietemin: “Die wysheid is geregverdig deur sy kinders [“werke”, NW].” Ja, die bewyse—die werke—toon duidelik dat die beskuldigings teen sowel Johannes as Jesus vals is.

Jesus berispe vervolgens die drie stede Gorasin, Betsaida en Kapernaüm, waar hy die meeste van sy kragtige dade verrig het. As hy daardie dade in die Feniciese stede Tirus en Sidon verrig het, sê Jesus, sou daardie stede hulle in sak en as bekeer het. Jesus veroordeel Kapernaüm, wat blykbaar sy tuisbasis gedurende sy bediening was, met die woorde: “Dit [sal] vir die land van Sodom verdraagliker . . . wees in die oordeelsdag as vir jou.”

Vervolgens loof Jesus sy hemelse Vader in die openbaar. Hy doen dit omdat God kosbare geestelike waarhede vir wyse en verstandige mense verberg maar hierdie wonderlike dinge aan nederiges, as ’t ware kindertjies, openbaar.

Ten slotte rig Jesus die aanloklike uitnodiging aan mense: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.”

Hoe bied Jesus verkwikking? Hy doen dit deur mense vry te maak van die verslawende tradisies waarmee die godsdiensleiers hulle belas het, soos die beperkende Sabbatsbepalings. Hy toon ook hoe verligting moontlik is vir diegene wat gebuk gaan onder die verdrukkende las van oorheersing deur die politieke magte en vir diegene wat swaar dra aan hulle sondes weens ’n skuldige gewete. Hy toon aan sulke geteisterdes hoe hulle sondes vergewe kan word en hoe hulle ’n kosbare verhouding met God kan geniet.

Die sagte juk wat Jesus aanbied, is een van volkome toewyding aan God as dienaars van ons medelydende, barmhartige hemelse Vader. En die ligte las wat Jesus bied aan diegene wat na hom toe kom, is dié van gehoorsaamheid aan God se vereistes vir die lewe, Sy gebooie wat in die Bybel opgeteken is. En dit is glad nie swaar om hierdie gebooie te gehoorsaam nie. Mattheüs 11:16-30; Lukas 1:15; 7:31-35; 1 Johannes 5:3.

▪ Hoe is die trotse, wispelturige mense van Jesus se geslag soos kinders?

▪ Waarom loof Jesus sy hemelse Vader?

▪ In watter opsigte is mense belas, en watter verligting bied Jesus?

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel