Wagtoring AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 103
  • Hy besoek weer die tempel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon laai nie.

  • Hy besoek weer die tempel
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy besoek weer die tempel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • ‘Die uur het gekom!’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Herleef Jesus se laaste dae op aarde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 103

Hoofstuk 103

Hy besoek weer die tempel

JESUS en sy dissipels het pas hulle derde nag in Betanië deurgebring nadat hulle uit Jerigo aangekom het. Hulle is Maandagoggend, 10 Nisan, al douvoordag op pad na Jerusalem. Jesus het honger. Wanneer hy dus ’n vyeboom met blare sien, gaan hy daarheen om te sien of dit dalk vye het.

Die boom se blare is buitengewoon vroeg, aangesien dit eers in Junie die seisoen vir vye is en dit nou eers einde Maart is. Maar Jesus meen blykbaar dat daar dalk ook vroeë vye sal wees, aangesien die blare vroeg is. Hy word egter teleurgestel. Die blare het die boom ’n misleidende voorkoms gegee. Dan vervloek Jesus die boom en sê: “Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ’n vrug eet nie!” Die gevolge van Jesus se optrede en wat dit beteken, word die volgende oggend duidelik.

Jesus en sy dissipels sit hulle reis voort en kom gou in Jerusalem aan. Hy gaan na die tempel, wat hy die vorige middag geïnspekteer het. Maar vandag gaan hy tot aksie oor, soos hy drie jaar vantevore gedoen het toe hy in 30 G.J. na die Pasga gekom het. Jesus jaag almal uit wat in die tempel verkoop en koop en gooi die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers om. Hy laat nie eers toe dat iemand ’n voorwerp deur die tempel dra nie.

Hy veroordeel diegene wat in die tempel geld wissel en diere verkoop en sê: “Is daar nie geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.” Hulle is rowers omdat hulle buitensporige pryse vra vir die diere wat mense vir offerandes nodig het en noodgedwonge by hulle moet koop. Jesus beskou hierdie saketransaksies dus as ’n vorm van afpersing of diefstal.

Wanneer die owerpriesters, skrifgeleerdes en vernaamstes onder die volk hoor wat Jesus gedoen het, soek hulle weer ’n manier om hom om die lewe te bring. Sodoende bewys hulle dat daar geen salf aan hulle te smeer is nie. Maar hulle weet nie hoe om Jesus om die lewe te bring nie, aangesien al die mense naby hom bly om hom te hoor.

Buiten natuurlike Jode het nie-Jode ook na die Pasga gekom. Hulle is proseliete, wat beteken dat hulle tot die godsdiens van die Jode bekeer is. Sekere Grieke, blykbaar proseliete, nader Filippus nou en vra of hulle Jesus kan sien. Filippus gaan na Andreas, dalk om te vra of so ’n ontmoeting gepas sou wees. Jesus is blykbaar nog by die tempel, waar die Grieke hom kan sien.

Jesus weet dat hy nog net ’n paar dae gaan lewe en daarom lig hy sy situasie goed toe: “Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.”

Een koringkorrel het min waarde. Maar gestel dit word in die grond gesit en “sterf”, sodat dit nie meer as ’n saad bestaan nie? Dit ontkiem dan en word later ’n halm wat baie, baie koringkorrels voortbring. Jesus is eweneens net een volmaakte mens. Maar as hy getrou aan God sterf, word hy die middel waardeur die ewige lewe aan getroues gegee word wat dieselfde selfopofferende gees as hy het. Daarom sê Jesus: “Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.”

Jesus dink klaarblyklik nie net aan homself nie, want hy verduidelik voorts: “As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.” Wat ’n wonderlike beloning vir iemand wat Jesus volg en hom dien! Die beloning behels dat die persoon deur die Vader geëer word om saam met Christus in die Koninkryk te wees.

Jesus dink aan die verskriklike lyding en pynlike dood wat vir hom voorlê en sê voorts: “Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur?” As hy maar die dinge wat vir hom voorlê, kon vryspring! Maar, nee, soos hy sê: “Hierom het Ek in hierdie uur gekom.” Jesus gaan saam met die hele reëling van God, met inbegrip van sy eie offerdood. Mattheüs 21:12, 13, 18, 19; Markus 11:12-18; Lukas 19:45-48; Johannes 12:20-27.

▪ Waarom verwag Jesus om vye te vind al is dit nie die seisoen daarvoor nie?

▪ Waarom noem Jesus diegene wat goed in die tempel verkoop “rowers”?

▪ In watter opsig is Jesus soos ’n koringkorrel wat sterf?

▪ Hoe voel Jesus oor die lyding en dood wat vir hom voorlê?

    Afrikaanse publikasies (1975-2020)
    Teken af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Voorkeure
    • Copyright © 2019 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan