Voorwoord
Jehovah se Getuies is ’n volk wat alombekend is. Hulle predikingswerk en manier van aanbidding het nasionale en rassegroepe oor die hele wêreld bereik en sluit jong- en ou mense, van elke ekonomiese en opvoedingsvlak, in. Hulle ywer as verkondigers van God se Koninkryk beïndruk selfs hulle kritici. Hulle liefde vir mekaar laat sommige nie-Getuies wens dat meer mense so sal optree.
Maar baie wonder nog: ‘Wie is Jehovah se Getuies werklik?’ Ander skryf oor hulle, en hulle is nie altyd onbevooroordeeld nie. Miskien is hulle nie bewus van al die feite nie. Niemand ken stellig hulle hedendaagse geskiedenis beter as hulleself nie. Die redakteurs van hierdie boek het probeer om objektief te wees en ’n eerlike geskiedenis weer te gee. Vir almal wat bewus is van wat die Bybel vir die laaste dae voorspel, sal hierdie geskiedenis van ’n volk wat vas glo en ywerig verkondig wat die Bybel sê veral insiggewend wees.
Die uitgewers