Deel 8
Die ewige lewe op ’n Paradysaarde
1, 2. Hoe gaan die lewe onder die heerskappy van God se Koninkryk wees?
1 Hoe gaan die lewe wees wanneer God goddeloosheid en lyding van die aarde af verwyder en sy nuwe wêreld onder die liefdevolle beheer van sy hemelse Koninkryk inlui? God belowe om ‘sy hand oop te maak en alles wat lewe met welbehae te versadig’.—Psalm 145:16.
2 Wat is jou opregte begeertes? Is dit nie na ’n gelukkige lewe, sinvolle werk, materiële oorvloed, ’n pragtige omgewing, vrede onder alle mense en verlossing van ongeregtigheid, siekte, lyding en die dood nie? En wat van ’n vreugdevolle geestesgesteldheid? Al daardie dinge gaan binnekort onder die heerskappy van God se Koninkryk verwesenlik word. Kyk wat sê Bybelprofesieë oor die wonderlike seëninge wat in daardie nuwe wêreld voorlê.
Die mensdom in volmaakte vrede
3-6. Watter versekering het ons dat mense in die nuwe wêreld vrede sal geniet?
3 “[God,] wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.”—Psalm 46:10.
4 “Hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.”—Jesaja 2:4.
5 “Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.”—Psalm 37:11.
6 “Die hele aarde het nou rus en vrede, sy inwoners juig en sing.”—Jesaja 14:7, NAV.
Vrede tussen mens en dier
7, 8. Watter soort vrede sal daar tussen mense en diere wees?
7 “Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig . . . nie.”—Jesaja 11:6-9.
8 “Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ’n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde . . . Ek sal hulle in veiligheid laat rus.”—Hosea 2:17.
Volmaakte gesondheid, ewige lewe
9-14. Beskryf die gesondheidstoestande in die nuwe wêreld.
9 “Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel.”—Jesaja 35:5, 6.
10 “God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4.
11 “Geen inwoner sal sê: Ek is siek nie.”—Jesaja 33:24.
12 “Dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.”—Job 33:25.
13 “Die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”—Romeine 6:23.
14 “Elkeen wat in Hom glo, . . . [sal] die ewige lewe . . . hê.”—Johannes 3:16.
Die dooies word opgewek
15-17. Watter hoop is daar vir diegene wat reeds gesterf het?
15 “Daar [sal] ’n opstanding . . . wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.”—Handelinge 24:15.
16 “Die uur kom waarin al dié in die gedenkgrafte [God se geheue] sy stem sal hoor en sal uitkom.”—Johannes 5:28, 29, NW.
17 “Die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was.”—Openbaring 20:13.
Die aarde, ’n paradys van oorvloed
18-22. Waarin sal die hele aarde omgeskep word?
18 “Stortreëns van seën sal dit wees. En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land.”—Esegiël 34:26, 27.
19 “Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.”—Psalm 67:7.
20 “Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing.”—Jesaja 35:1.
21 “Die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap. Vir ’n doringboom sal ’n sipres opgaan; vir ’n distel sal ’n mirteboom opgaan.”—Jesaja 55:12, 13.
22 “Jy sal saam met my in die Paradys wees.”—Lukas 23:43, NW.
Goeie behuising vir almal
23, 24. Watter versekering het ons dat daar genoeg goeie behuising vir almal sal wees?
23 “Hulle sal huise bou en bewoon . . . hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie. . . . My uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie.”—Jesaja 65:21-23.
24 “Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik.”—Miga 4:4.
Jy kan vir ewig in die Paradys lewe
25. Watter wonderlike vooruitsig het ons vir die toekoms?
25 Wat ’n wonderlike vooruitsig vir die toekoms! Hoe sinvol kan die lewe tog nou reeds wees as dit gegrond is op die vaste hoop dat al vandag se probleme in God se nuwe wêreld vir ewig verby sal wees! “Aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie” (Jesaja 65:17). En hoe vertroostend is dit tog om te weet dat ’n mens dan vir ewig sal lewe: “ [God] sal die dood vir ewig vernietig.”—Jesaja 25:8.
26. Wat is die sleutel tot die ewige lewe in God se nuwe wêreld?
26 Wil jy graag vir ewig in daardie Paradysagtige nuwe wêreld lewe wat nou voor die deur is? ‘Wat moet ek doen om aan die einde van hierdie wêreld in God se guns te wees en tot in sy nuwe wêreld behoue te bly? ’ vra jy dalk. Jy moet doen wat Jesus in ’n gebed tot God aangedui het: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”—Johannes 17:3.
27. Wat moet jy doen om deel te hê aan God se voorneme?
27 Kry dus ’n Bybel en bevestig wat jy in hierdie brosjure gelees het. Sluit by ander aan wat hierdie Bybelwaarhede bestudeer en leer. Breek weg van geveinsde godsdienste wat dinge leer en doen wat in stryd met die Bybel is. Leer hoe jy, saam met miljoene ander wat God se wil reeds doen, deel kan hê aan God se voorneme dat mense vir ewig op ’n paradysaarde lewe. En neem ter harte wat God se geïnspireerde Woord oor die nabye toekoms sê: “Die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Johannes 2:17.
[Prent op bladsy 31]
God se voorneme om ’n paradys op aarde te herstel, gaan binnekort verwesenlik word