Agterblad
DIE GESIN is die oudste bekende menslike instelling, maar vandag beleef dit ’n krisis. Die onrusbarende toename in dwelmmisbruik en onsedelikheid onder tieners, die hedendaagse epidemie van egskeiding en gesinsgeweld, die geweldige vermeerdering in die aantal enkelouergesinne en ander ernstige probleme laat party wonder of die gesinslewe sal standhou.
Is dit nog moontlik vir ’n gesin om ’n stabiele, koesterende milieu vir sy lede te wees? Ja, indien gesinslede weet wat die ware geheim van gesinsgeluk is. Hierdie geheim is nie verborge nie. Dit is oor baie, baie eeue beproef. Wat is dit? Hierdie boek, Die geheim van gesinsgeluk, verskaf die antwoord. Dit gee ook praktiese voorbeelde van hoe hierdie “geheim” jou kan help om die uitdaging wat sekere gesinsituasies bied suksesvol die hoof te bied. Is daar vandag enigiemand wat nie sulke inligting nodig het nie?