Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 5 bl. 8-9
  • God se vriende sal in die Paradys lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se vriende sal in die Paradys lewe
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Beter lewe word belowe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die Paradys
    Ontwaak!—2013
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • ’n Aardse paradys is voor die deur
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 5 bl. 8-9

LES 5

God se vriende sal in die Paradys lewe

Die Paradys sal nie wees soos die wêreld waarin ons nou lewe nie. God wou nooit gehad het dat die aarde vol probleme en verdriet, pyn en lyding moet wees nie. In die toekoms sal God die aarde in ’n paradys omskep. Watter soort plek sal die Paradys wees? Kom ons kyk wat die Bybel sê:

’n Piekniek in die Paradys

Goeie mense. Die Paradys sal die tuiste van God se vriende wees. Hulle sal goeie dinge vir mekaar doen. Hulle sal in ooreenstemming met God se regverdige weë lewe.—Spreuke 2:21.

Genoeg voedsel. In die Paradys sal niemand meer honger ly nie. Die Bybel sê: “Daar sal volop graan [of voedsel] op die aarde wees.”—Psalm 72:16.

In die Paradys bou mense ’n huis, ander maak kos bymekaar, en ’n ma hou haar dogter vas

Mooi huise en aangename werk. Op die Paradysaarde sal elke gesin hulle eie huis hê. Almal sal werk doen wat hulle ware geluk verskaf.—Jesaja 65:21-23.

Wêreldwye vrede. Mense sal nie meer in oorloë veg en sterf nie. God se Woord sê: “[God] laat oorloë ophou.”—Psalm 46:8, 9.

Goeie gesondheid. Die Bybel beloof: “Geen inwoner [van die Paradys] sal sê: ‘Ek is siek’ nie” (Jesaja 33:24). Ook sal niemand lam of blind of doof of stom wees nie.—Jesaja 35:5, 6.

Die einde van pyn, smart en die dood. God se Woord sê: “Die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”—Openbaring 21:4.

Daar sal geen slegte mense wees nie. Jehovah beloof: “Die goddeloses . . . sal van die aarde af uitgeroei word; en die verraderlikes sal daarvan weggeruk word.”—Spreuke 2:22.

Mense sal mekaar liefhê en respekteer. Daar sal nie meer ongeregtigheid, onderdrukking, gierigheid en haat wees nie. Mense sal verenig wees en in ooreenstemming met God se regverdige weë lewe.—Jesaja 26:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel