Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • be bl. 74-bl. 77 par. 2
  • Wees progressief—Maak vooruitgang

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees progressief—Maak vooruitgang
  • Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kennis en verandering
  • Gebruik jou gawe
  • Die rol wat ervaring speel
  • Hou aan om jou uit te strek na wat voor is
  • Laat ons vooruitgang duidelik wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
be bl. 74-bl. 77 par. 2

Wees progressief—Maak vooruitgang

TOE jy begin leer het om Bybelbeginsels toe te pas, het diepgewortelde denk-, spraak- en gedragspatrone geleidelik begin verander. Baie hiervan het plaasgevind selfs voordat jy by die Teokratiese Bedieningskool aangesluit het. Nou het jy waarskynlik tot die punt gevorder waar jy jou lewe aan Jehovah toegewy het. Beteken dit dat jy nie meer vooruitgang hoef te maak nie? Glad nie. Jou doop is slegs ’n begin.

Die dissipel Timoteus het reeds as ’n Christen- ouer man gedien toe Paulus vir hom gesê het om te “peins oor” die raad wat aan hom gegee is sowel as die diensvoorregte wat aan hom toevertrou is—om “verdiep” te wees in hierdie dinge—sodat sy “vooruitgang vir almal duidelik kan wees” (1 Tim. 4:12-15). Hetsy jy die weg van die waarheid onlangs begin volg het of baie ondervinding in die Christelike lewenswyse het, jy behoort daarin belang te stel om vooruitgang te maak.

Kennis en verandering

In Efesiërs 3:14-19 lees ons dat die apostel Paulus gebid het dat sy medegelowiges “heeltemal in staat [sou] wees om . . . die breedte en lengte en hoogte en diepte” van die waarheid te begryp. Met dié doel het Jesus gawes in die vorm van mense gegee om die gemeente te onderrig, reg te help en op te bou. Gereelde bepeinsing oor die geïnspireerde Woord van God, tesame met hulp van ervare onderrigters, help ons vandag om geestelik ‘op te groei’.—Ef. 4:11-15.

Hierdie groei sluit in dat ons ‘vernuwe word in die krag wat ons verstand aandryf’. Dit behels dat ons ’n sterk geestesneiging moet ontwikkel wat in ooreenstemming met dié van God en Christus is. Dit vereis voortdurende blootstelling aan hulle denke, sodat ons ons met “die nuwe persoonlikheid [kan] beklee” (Ef. 4:23, 24). Beskou jy die Evangelies as ’n patroon wat jy moet volg wanneer jy hierdie verslae van Christus se lewe bestudeer? Probeer jy spesifieke eienskappe identifiseer wat Jesus geopenbaar het, en span jy jou dan werklik in om dit in jou eie lewe te openbaar?—1 Pet. 2:21.

Jou gesprekke kan ’n aanduiding wees van die mate waartoe jy sulke vooruitgang gemaak het. Diegene wat hulle met die nuwe persoonlikheid beklee het, gee nie toe aan praatjies wat oneerlik, smadend, onwelvoeglik of negatief is nie. Hulle woorde is eerder ‘goed vir opbouing, sodat dit iets gunstigs aan die hoorders kan meedeel’ (Ef. 4:25, 26, 29, 31; 5:3, 4; Jud. 16). Hulle daaglikse gesprekke en kommentare tydens gemeentelike vergaderinge toon dat die waarheid hulle lewe verander.

As jy nie meer “rondgeslinger word soos deur golwe en hiernatoe en daarnatoe gevoer word deur elke wind van lering” nie, is dit ook ’n teken van vooruitgang (Ef. 4:14). Hoe reageer jy byvoorbeeld op die wêreld se stortvloed van nuwe idees, vraagstukke of vorme van vermaak? Kom jy in die versoeking om tyd te gebruik wat vir geestelike belange bedoel is, sodat jy sulke dinge kan najaag? Dit kan jou geestelike vooruitgang belemmer. Hoeveel verstandiger is dit tog om tyd vir geestelike strewes uit te koop!—Ef. 5:15, 16.

Hoe jy ander mense behandel, kan ook ’n aanduiding van geestelike vooruitgang wees. Het jy geleer om ‘vol tere medelye en vergewensgesind’ teenoor jou broers en susters te wees?—Ef. 4:32.

Die vooruitgang wat jy maak om dinge op Jehovah se manier te doen, moet in die gemeente sowel as by jou huis duidelik wees. Dit moet ook by die skool, in openbare plekke en by jou werk gesien kan word (Ef. 5:21–6:9). As jy in al hierdie omstandighede godvrugtige eienskappe in voller mate aan die dag lê, word jou vooruitgang duidelik.

Gebruik jou gawe

Jehovah het aan elkeen van ons kosbare vermoëns en talente gegee. Hy verwag dat ons dit tot ander se voordeel moet gebruik sodat hy deur middel van ons sy onverdiende goedhartigheid kan toon. Die apostel Petrus het hieroor geskryf: “Na die mate waarin elkeen ’n gawe ontvang het, moet julle dit gebruik om mekaar te dien as goeie bestuurders van God se onverdiende goedhartigheid” (1 Pet. 4:10). Hoe behartig jy jou bestuurderskap?

Petrus sê verder: “As iemand spreek, laat hom as ’t ware die heilige verklarings van God spreek” (1 Pet. 4:11). Hierdie vers beklemtoon die verantwoordelikheid dat ons woorde heeltemal in ooreenstemming met God se Woord moet wees, sodat God verheerlik word. Ook die manier waarop ons praat, moet Jehovah verheerlik. Die opleiding wat deur die Teokratiese Bedieningskool voorsien word, kan jou help om jou gawe op hierdie wyse te gebruik—om God te verheerlik in die manier waarop jy ander help. As dit jou doel is, waaraan moet jy jou vooruitgang in die skool meet?

Moenie dit meet aan die aantal punte wat jy op jou spraakraadgewingsvorm gedek het of die soort toewysings wat jy ontvang het nie, maar dink eerder aan die mate waarin die opleiding die gehalte van jou lofoffer verbeter het. Die skool berei ons voor om bekwamer in die veldbediening te wees. Vra jou dus af: ‘Berei ek werklik voor wat ek in die velddiens gaan sê? Het ek geleer om persoonlike belangstelling te toon in diegene vir wie ek getuig? Lê ek die grondslag vir herbesoeke deur mense met ’n vraag te laat wat ek volgende keer sal bespreek? As ek die Bybel met iemand studeer, streef ek daarna om ’n beter onderrigter te word sodat ek sy hart kan bereik?’

Moenie vooruitgang bloot meet aan die diensvoorregte wat jy ontvang nie. Jou vooruitgang word nie gemeet aan die toewysing wat jy ontvang nie, maar aan wat jy daarmee doen. As jy ’n toewysing gegee word wat onderrigting vereis, vra jou af: ‘Het ek werklik van die onderrigkuns gebruik gemaak? Het ek die materiaal so oorgedra dat dit ’n verskil gemaak het in die lewe van dié wat dit gehoor het?’

Die vermaning dat jy jou gawe moet gebruik, impliseer dat jy inisiatief aan die dag moet lê. Neem jy die inisiatief om saam met ander in die veldbediening te werk? Soek jy na geleenthede om gemeentelede wat nuut, jonk of sieklik is, te help? Is jy gewillig om die Koninkryksaal skoon te maak of om op verskillende maniere by byeenkomste te help? Kan jy van tyd tot tyd as ’n hulppionier dien? Kan jy as ’n gewone pionier dien of in ’n gemeente help waar hulp nodig is? As jy ’n broer is, streef jy daarna om aan die skriftuurlike vereistes vir bedieningsknegte en ouer manne te voldoen? Jou gewilligheid om hulp te verleen en verantwoordelikhede te aanvaar, is ’n teken van vooruitgang.—Ps. 110:3.

Die rol wat ervaring speel

Moenie moed verloor as jy onbekwaam voel weens ’n gebrek aan ervaring in die Christelike leefwyse nie. God se Woord kan “die onervarene wys” maak (Ps. 19:7; 119:130; Spr. 1:1-4). As ons Bybelraad toepas, kan ons by Jehovah se volmaakte wysheid baat vind, wat van groter waarde is as enige kennis wat ons deur ervaring alleen opdoen. Maar namate ons vooruitgang in Jehovah se diens maak, doen ons wel waardevolle ondervinding op. Hoe kan ons goed daarvan gebruik maak?

Nadat iemand aan verskeie omstandighede in die lewe blootgestel is, kan hy begin redeneer: ‘Ek het al voor hierdie situasie te staan gekom. Ek weet wat om te doen.’ Sal dit die verstandige weg wees? Spreuke 3:7 waarsku: “Moenie wys word in jou eie oë nie.” Ervaring sal ons weliswaar ’n breër beskouing gee van die faktore wat in ag geneem moet word wanneer ons situasies in die lewe hanteer. Maar as ons geestelike vooruitgang maak, moet ons ervaring ons laat besef dat ons Jehovah se seën nodig het om suksesvol te wees. Ons vooruitgang word dus duidelik, nie omdat ons situasies met oordrewe selfvertroue hanteer nie, maar omdat ons ons geredelik tot Jehovah vir leiding in ons lewe wend. Dit word getoon deur ons vertroue dat niks kan gebeur as hy dit nie toelaat nie en deurdat ons ’n liefdevolle en vertrouensverhouding met ons hemelse Vader behou.

Hou aan om jou uit te strek na wat voor is

Die apostel Paulus het besef dat hy moes aanhou om hom ‘uit te strek na wat voor is’ om die doel van die lewe te bereik, ondanks die feit dat hy reeds ’n geestelik volwasse, gesalfde Christen was (Fil. 3:13-16). Het jy dieselfde uitkyk?

In watter mate het jy vooruitgang gemaak? Meet jou vooruitgang aan die mate waarin jy jou met die nuwe persoonlikheid beklee het, jy jou aan Jehovah se soewereiniteit onderwerp het en jy jou gawes ten volle gebruik om Jehovah te eer. Namate jy by die opleiding in die Teokratiese Bedieningskool baat vind, behoort die eienskappe wat in God se Woord beklemtoon word, al hoe duideliker in jou gesprekke en onderrigting gesien te kan word. Lê jou daarop toe om sulke vooruitgang te maak. Ja, verheug jou daarin, en jou vooruitgang sal baie duidelik wees.

WAT IS JOU PERSOONLIKE GEESTELIKE DOELWITTE?

Watter realistiese doelwitte het jy wat jy binne die volgende jaar sal kan bereik?

  1. ․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․

  2. ․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․

Watter langtermyndoelwitte is so kosbaar vir jou dat jy vasbeslote is om dit na te streef totdat jy dit bereik?

  1. ․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․

  2. ․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․

  3. ․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․․

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel