Rolmodel—Paulus
Die apostel Paulus is realisties oor sy gevoelens. Hy erken openlik: “Wanneer ek wil doen wat reg is, is die slegte by my aanwesig.” Paulus is eintlik ’n goeie mens. “Ek skep werklik behae in die wet van God na die mens wat ek innerlik is”, skryf hy. Wat is dan die probleem? Paulus sê: “Ek sien . . . ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my verstand en my wegvoer as gevangene van die wet van die sonde wat in my lede is.” Paulus se tekortkominge maak hom ongelukkig. “Ellendige mens wat ek is!” roep hy uit.—Romeine 7:21-24.
Laat jou foute jou ellendig voel? As dit die geval is, onthou dat selfs Paulus soms so gevoel het. Maar Paulus het ook geweet dat Christus vir mense soos hy gesterf het, wat hom laat uitroep het: “Aan God die dank deur middel van Jesus Christus, ons Here!” (Romeine 7:25). Paulus het die losprys as ’n persoonlike geskenk beskou. Hy het geskryf: ‘Die Seun van God het my liefgehad en homself vir my oorgegee’ (Galasiërs 2:20). Peins oor die losprys wanneer jy terneergedruk voel. En as jou tekortkominge jou mismoedig maak, moet jy nie vergeet dat Christus gesterf het vir sondaars, nie vir volmaakte mense nie.