Lied 103
“Van huis tot huis”
1. Van huis tot huis, van deur tot deur,
verkondig ons Gods Woord.
Van stad tot stad, van plaas tot plaas,
soek ons in elke oord.
Die nuus dat God se Koninkryk
alreeds oor ons regeer,
Word uitgedra deur jonk en oud
die hele wêreld deur.
2. Van huis tot huis, van deur tot deur,
word redding aangebied.
Want mense moet Jehovah ken
om lewe te geniet.
Maar hoe kan hulle iemand ken
as hul nie van hom hoor?
Ons dra dus nou aan iedereen
die waarheidsboodskap oor.
3. Ons gaan dan nou van deur tot deur
en dra Gods boodskap uit.
En of hul luister al dan nie,
dit bly nog hul besluit.
Maar ons verkondig God se naam
aan elke luisteraar.
En in ons werk van deur tot deur
vind ons sy skape daar.
(Sien ook Hand. 2:21; Rom. 10:14.)