Lied 31
Ons is Jehovah se Getuies!
1. Mense kniel voor hout en steen,
maar ken nie die ware Een.
Hy is God, almagtig;
Wie kan stry daarteen?
Ander gode kan nie sê
wat nog in die toekoms lê,
en op getuies kan hul nie steun,
want hulle godheid is ’n leuen!
(REFREIN)
Ons sal steeds getuies wees
van Jehovah, sonder vrees.
Hy is die God wat waar profeteer;
als wat hy sê, sal gebeur.
2. Trots dra ons ons God se naam,
nooit sal ons ons daarvoor skaam;
Preek ook van sy Koning
en sy grote faam.
Ons hou aan die nuus versprei:
God se waarheid maak mens vry.
Mense sal vind, namate hul leer,
dat hul wil saamsing tot Gods eer.
(REFREIN)
Ons sal steeds getuies wees
van Jehovah, sonder vrees.
Hy is die God wat waar profeteer;
als wat hy sê, sal gebeur.
3. Prediking verheerlik God
en verskaf hom groot genot,
Waarsku goddeloses
wat sy naam bespot.
Mense kan vergifnis kry
deur hul hart aan God te wy.
Wie so getuig, kry vreugde en krag,
en weet dat lewe op hom wag.
(REFREIN)
Ons sal steeds getuies wees
van Jehovah, sonder vrees.
Hy is die God wat waar profeteer;
als wat hy sê, sal gebeur.
(Sien ook Jes. 37:19; 55:11: Eseg. 3:19.)