Lied 69
Maak u weë aan my bekend
Gedrukte weergawe
1. Ons dank u, Jehovah, u het ons genooi;
Dis waarom ons hier bymekaar is.
U Woord is ’n lig, ’n lamp vir ons voete;
So leer u ons alles wat waar is.
(REFREIN)
Leer my u weë, en laat my tog verstaan
hoe wys dit is om daarop ag te slaan.
Rig ook my treë in waarheid en in reg;
en mag ek my verlustig in u weg.
2. U wysheid, Jehovah, is sonder gelyk;
U oordele lei tot verblyding.
U Woord is vir ons ’n bron van verwond’ring;
U waarheid voorsien ons van leiding.
(REFREIN)
Leer my u weë, en laat my tog verstaan
hoe wys dit is om daarop ag te slaan.
Rig ook my treë in waarheid en in reg;
en mag ek my verlustig in u weg.