Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yc les 13 bl. 28-29
  • Timoteus wou mense help

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Timoteus wou mense help
  • Leer jou kinders
  • Soortgelyke materiaal
  • Timoteus—Gereed en gewillig om te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Paulus en Timoteus
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Timoteus—“’n Ware kind in die geloof”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • “My geliefde en getroue kind in die Here”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Leer jou kinders
yc les 13 bl. 28-29
Die jong Timoteus leer by sy ma, Eunice, en sy ouma, Loïs

LES 13

Timoteus wou mense help

Timoteus was ’n jong man wat mense graag wou help. Hy het na verskillende plekke gereis om ander te help. Daarom het hy ’n baie opwindende lewe gehad. Wil jy graag daarvan hoor?—

Timoteus se ma en ouma het hom van Jehovah geleer

Timoteus het grootgeword in ’n stad met die naam Listra. Toe hy klein was, het sy ouma Loïs en sy ma, Eunice, hom van Jehovah begin leer. Toe hy grootgeword het, wou hy ander help om van Jehovah te leer.

Toe Timoteus nog ’n jong man was, het Paulus hom gevra om saam met hom te reis sodat hulle op ander plekke kon preek. Timoteus het gesê: ‘Ja, ek wil!’ Hy was gereed om ander te gaan help.

Timoteus het saam met Paulus na die stad Tessalonika in Masedonië gereis. Om daar te kom, moes hulle ver loop en daarna ’n boot neem. Toe hulle uiteindelik daar gekom het, het hulle baie mense gehelp om van Jehovah te leer. Maar party mense was kwaad en het hulle probeer seermaak. Daarom moes Paulus en Timoteus weggaan en op ander plekke gaan preek.

Timoteus reis saam met die apostel Paulus op ’n boot

Timoteus het ’n gelukkige en opwindende lewe gehad

’n Paar maande later het Paulus vir Timoteus gevra om terug te gaan na Tessalonika en te kyk hoe dit met die broers gaan. Hy het baie moed nodig gehad om terug te gaan na daardie gevaarlike stad! Maar Timoteus het gegaan omdat hy bekommerd was oor die broers daar. Hy het met goeie nuus na Paulus toe teruggekom. Dit het baie goed gegaan met die broers in Tessalonika!

Timoteus het jare lank saam met Paulus gewerk. Paulus het eenkeer geskryf dat Timoteus die beste persoon was wat hy kon stuur om die gemeentes te help. Timoteus was lief vir Jehovah en vir mense.

Is jy lief vir mense en wil jy hulle help om van Jehovah te leer?— Dan kan jy ’n baie gelukkige en opwindende lewe hê, soos Timoteus!

LEES IN JOU BYBEL

  • 2 Timoteus 1:5; 3:15

  • Handelinge 16:1-5; 17:1-10

  • 1 Tessalonisense 3:2-7

  • Filippense 2:19-22

VRAE:

  • Waar het Timoteus grootgeword?

  • Wou Timoteus saam met Paulus reis? Hoekom?

  • Hoekom het Timoteus teruggegaan na Tessalonika?

  • Hoe kan jy ’n gelukkige en opwindende lewe hê, soos Timoteus?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel