Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 6 bl. 20-bl. 21 par. 8
  • Die kind wat belowe is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kind wat belowe is
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kind van die belofte
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die kind van die belofte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Volg hulle geloof na
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 6 bl. 20-bl. 21 par. 8
Simeon hou die baba Jesus vas terwyl Josef, Maria en die profetes Anna na hulle kyk

HOOFSTUK 6

Die kind wat belowe is

LUKAS 2:21-39

  • JESUS WORD BESNY EN LATER NA DIE TEMPEL GEBRING

Josef en Maria gaan nie terug Nasaret toe nie, maar bly eerder in Betlehem. Wanneer Jesus agt dae oud is, laat hulle hom besny volgens God se Wet aan Israel (Levitikus 12:2, 3). Dit is ook die gebruik om ’n seuntjie op hierdie dag sy naam te gee. Hulle noem hulle seun Jesus, soos die engel Gabriël vir hulle gesê het.

Meer as ’n maand gaan verby, en Jesus is 40 dae oud. Waarheen neem sy ouers hom nou? Na die tempel in Jerusalem, wat net ’n paar kilometer is van waar hulle bly. Volgens die Wet moet ’n ma 40 dae nadat sy aan ’n seun geboorte gegee het, ’n reinigingsoffer by die tempel bring. – Levitikus 12:4-8.

Dit is wat Maria doen. Sy bring twee klein voëltjies as haar offer. Dit vertel ons iets oor Josef en Maria se finansiële situasie. Volgens die Wet moet ’n jong ram en ’n voël geoffer word. Maar as die ma nie ’n ram kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee duiwe offer. Dit is die situasie waarin Maria is, en dit is wat sy offer.

‘DIE TYD HET GEKOM VIR HULLE OM GEREINIG TE WORD’

Josef en Maria bring die baba Jesus na die tempel vir die reinigingsoffer

Wanneer Israelitiese vrouens geboorte gegee het, is hulle ’n tyd lank as seremonieel onrein beskou. Aan die einde van hierdie tydperk moes ’n brandoffer gebring word om hulle te reinig. Dit het almal dus herinner dat onvolmaaktheid en sonde oorgedra is. Die baba Jesus was volmaak en heilig (Lukas 1:35). Maria en Josef het hom nogtans na die tempel “gebring” sodat hulle “gereinig [kan] word,” soos die Wet vereis het. – Lukas 2:22.

By die tempel kom ’n bejaarde man na Josef en Maria toe. Sy naam is Simeon. God het aan hom bekend gemaak dat hy nie sal sterf voordat hy Jehovah se beloofde Christus, of Messias, gesien het nie. Op hierdie dag stuur die heilige gees Simeon na die tempel, waar hy Josef en Maria saam met hulle seuntjie kry. Simeon neem die baba in sy arms.

Terwyl Simeon Jesus vashou, dank hy God en sê hy: “Soewereine Heer, u laat u slaaf nou in vrede gaan soos u gesê het, want ek het u redding gesien wat u voor die oë van al die volke voorberei het, ’n lig wat die sluier van die nasies sal verwyder en wat u volk Israel sal eer.” – Lukas 2:29-32.

Josef en Maria is verbaas wanneer hulle dit hoor. Daarna seën Simeon hulle en sê hy vir Maria dat haar seun “aangestel [is] om baie in Israel te laat val en weer te laat opstaan” en dat sy so hartseer sal wees dat dit sal voel asof sy met ’n skerp swaard gesteek word. – Lukas 2:34.

Nog iemand is op hierdie dag by die tempel. Dit is Anna, ’n 84-jarige profetes. Om die waarheid te sê, sy bly nooit van die tempel af weg nie. In dieselfde uur kom sy na Josef, Maria en die baba Jesus. Anna begin God dank en praat met almal wat wil luister oor Jesus.

Jy kan jou net voorstel hoe bly Josef en Maria is oor alles wat by die tempel gebeur! Al hierdie dinge verseker hulle dat hulle seun die Een is wat deur God belowe is.

  • Wanneer kry ’n Israelitiese babaseuntjie gewoonlik sy naam?

  • Wat moes ’n ma doen wanneer haar seun 40 dae oud is, en wat vertel Maria se offer ons omtrent haar finansiële situasie?

  • Wie by die tempel besef wie Jesus eintlik is, en hoe wys hulle dit?

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privacy Settings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel