Inleiding tot Deel 7
Hierdie deel gaan oor die lewens van koning Saul en koning Dawid en strek oor sowat 80 jaar. Saul was eers nederig en het God gevrees, maar hy het kort voor lank verander en geweier om Jehovah se leiding te volg. Jehovah het hom verwerp en het mettertyd vir Samuel gesê om Dawid as die volgende koning van Israel te salf. Saul was jaloers op Dawid en het hom baie keer probeer doodmaak, maar Dawid het nooit wraak geneem nie. Saul se seun Jonatan het geweet dat Dawid Jehovah se keuse is, en daarom was hy lojaal aan Dawid. Dawid het ernstige sondes gepleeg, maar hy het altyd Jehovah se straf aanvaar. As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help om te sien hoe belangrik dit is om altyd God se reëlings te ondersteun.