LIED 89
Luister en doen wat God sê
1. Kan ander sien dat ons luister na Christus?
Sy woorde skyn op ons pad soos ’n lig.
En ons gehoorsaamheid maak ons gelukkig;
God sal ons seën en ons lewe bly rig.
(REFREIN)
Luister en doen wat God sê,
dan sal jy seëninge hê.
God sal jou lei as jy na aan hom bly.
Luister en doen wat God sê.
2. Net soos ’n huis wat bly staan in ’n storm
as dit gebou is op rots, nie op sand,
so sal ons wees as ons ons lewe vorm
na wat ons leer uit Jehovah se hand.
(REFREIN)
Luister en doen wat God sê,
dan sal jy seëninge hê.
God sal jou lei as jy na aan hom bly.
Luister en doen wat God sê.
3. Net soos ’n boom wat geplant is by water,
op tyd sal vrug dra en steeds groen sal bly —
as ons gehoorsaam is, sal ons ook later
van God die ewige lewe verkry.
(REFREIN)
Luister en doen wat God sê,
dan sal jy seëninge hê.
God sal jou lei as jy na aan hom bly.
Luister en doen wat God sê.
(Sien ook Deut. 28:2; Ps. 1:3; Spr. 10:22; Matt. 7:24-27; Luk. 6:47-49.)