LES 36
Wees eerlik in alles
Almal wil vriende hê wat eerlik is. Jehovah verwag dat sy vriende ook eerlik moet wees. Maar dit is nie maklik in ’n wêreld waar baie mense oneerlik is nie. Hoe kan dit jou help as jy altyd eerlik is?
1. Wat is die belangrikste rede om eerlik te wees?
Wanneer ons eerlik met ander is, wys ons vir Jehovah dat ons lief is vir hom en hom respekteer. Dink hieraan: Jehovah weet alles wat ons dink en doen (Hebreërs 4:13). Hy sien wanneer ons kies om eerlik te wees, en hy waardeer dit. Sy Woord sê: “Jehovah haat mense wat bedrieglik is, maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe.” – Spreuke 3:32.
2. Wat is ’n paar maniere hoe ons in ons daaglikse lewe eerlik kan wees?
Jehovah wil hê dat ons “die waarheid met mekaar [moet praat]” (Sagaria 8:16, 17). Wat beteken dit? Of ons nou met ons familie, werksmaats, Christenbroers en -susters of regeringsamptenare praat, ons lieg nie en gee nie valse inligting nie. Eerlike mense steel nie van ander nie en bedrieg hulle ook nie. (Lees Spreuke 24:28 en Efesiërs 4:28.) En hulle betaal al die belasting wat hulle skuld (Romeine 13:5-7). Op hierdie en op ander maniere gedra ons ons “in alles eerlik”. – Hebreërs 13:18.
3. Hoe help dit ons wanneer ons eerlik is?
Wanneer ons die reputasie het dat ons eerlik is, vertrou ander ons. Ons help almal in die gemeente om veilig te voel, net soos in ’n liefdevolle gesin. Ons het ’n skoon gewete. Ons eerlikheid kan ook “die leringe van ons Redder, God, . . . versier” en veroorsaak dat ander Jehovah wil dien. – Titus 2:10.
SOEK DIEPER
Kyk hoe eerlikheid Jehovah affekteer en hoe dit jou affekteer. Leer ook hoe jy in verskillende situasies in die lewe eerlik kan wees.
4. Eerlikheid maak Jehovah gelukkig
Lees Psalm 44:21 en Maleagi 3:16, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoekom dink jy dat dit ’n slegte idee is om te dink dat ons die waarheid kan wegsteek?
Hoe dink jy voel Jehovah wanneer ons kies om die waarheid te praat, selfs wanneer dit moeilik is om dit te doen?
5. Wees altyd eerlik
Baie mense glo dat jy nie altyd eerlik kan wees nie. Maar kyk hoekom ons altyd eerlik moet wees. Speel die VIDEO.
Lees Hebreërs 13:18, en bespreek dan hoe ons eerlik kan wees . . .
met ons familie.
by die werk of skool.
in ander situasies.
6. Eerlikheid is goed vir ons
Eerlikheid kan dalk ’n paar probleme veroorsaak. Maar dit is altyd die beste om eerlik te wees. Lees Psalm 34:12-16, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe maak eerlikheid jou lewe beter?
Eerlike mans en vrouens maak hulle huwelik sterker
Eerlike werkers word deur hulle werkgewers vertrou
Eerlike burgers kry ’n goeie reputasie by regeringsamptenare
PARTY MENSE SÊ: “Party leuens is so klein dat dit nie saak maak nie.”
Hoekom glo jy dat Jehovah alle leuens haat?
WAT ONS GELEER HET
Jehovah wil hê dat sy vriende in alles wat hulle sê en doen, eerlik moet wees.
Hersiening
Wat is ’n paar maniere hoe ons eerlik kan wees?
Hoekom is dit ’n slegte idee om te dink dat ons die waarheid kan wegsteek?
Hoekom wil jy altyd eerlik wees?
LEER MEER
Hoe kan ouers hulle kinders leer om eerlik te wees?
Hoekom is dit goed om te doen wat ons belowe het?
Kyk of ons belasting moet betaal, selfs al word dit misbruik.
“Belasting—Moet jy dit betaal?” (Die Wagtoring, 1 September 2011)
Wat het ’n oneerlike man gemotiveer om sy lewe te verander en om eerlike werk te doen?
“Ek het geleer dat Jehovah barmhartig en vergewensgesind is” (Die Wagtoring, 1 Mei 2015)