Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 1/1 bl. 9-10
  • Die belofte van ’n paradys

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die belofte van ’n paradys
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat kan ons by ’n misdadiger leer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • “Jy sal saam met my in die Paradys wees”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Wie sal opgewek word? Waar sal hulle lewe?
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 1/1 bl. 9-10

God se Woord is lewend

DIE BELOFTE VAN ’N PARADYS

JESUS sê vir die sterwende man langs hom: ‘Jy sal saam met My in die Paradys wees.’ Albei die mans langs Jesus is kwaaddoeners. Die een het hom so pas gesmaad deur te sê: ‘Jy is die Christus, dan nie? Verlos jouself en ons.’

Maar die ander kwaaddoener glo Jesus. Hy draai na hom, soos jy hier kan sien, en sê: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.” Toe belowe Jesus: “Voorwaar Ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met My in die Paradys wees.”—Luk. 23:39-43, vgl. NW.

Maar wat bedoel Jesus wanneer hy sê: ‘Jy sal saam met My in die Paradys wees’? Waar is die Paradys? Wanneer gaan dit kom? Gaan hierdie kwaaddoener saam met Jesus daar lewe? En waarom sal Jesus toelaat dat ’n kwaaddoener in die Paradys lewe?

Wel, waar was die paradys wat God in die begin gemaak het? Dit was op aarde, nie waar nie? Jehovah God het die eerste mensepaar, Adam en Eva, in ’n pragtige paradys genaamd die tuin van Eden geplaas. Wanneer ons dus lees dat hierdie kwaaddoener in die “Paradys” gaan wees, moet ons die aarde voorstel as ’n pragtige plek om te lewe, want die woord “paradys” beteken “tuin” of “park”.—Gen. 2:8, 9.

Gaan Jesus Christus reg hier op aarde saam met die gewese kwaaddoener in die Paradys lewe? Nee, Christus gaan uit die hemel as koning oor die aardse Paradys regeer. Hy sal dus met daardie man wees in die sin dat Hy hom uit die dode sal opwek en in sy fisiese en geestelike behoeftes sal voorsien. Maar waarom sal Jesus toelaat dat ’n man wat ’n kwaaddoener was in die Paradys lewe?

Dit is waar dat hierdie kwaaddoener, net soos miljoene ander mense wat Jesus gaan opwek, slegte dinge gedoen het (Hand. 24:15). Maar hulle het hierdie slegte dinge gedoen omdat hulle nie God se wil geken het nie. In die Paradys sal hulle dus geleer word wat God se wil is, en dan sal hulle die geleentheid kry om te bewys dat hulle God werklik liefhet deur sy wil te doen. Sal dit nie wonderlik wees om in die Paradys te lewe waar daar in al jou behoeftes voorsien word en waar mense mekaar liefhet nie? Die goeie nuus is dat dit sommer baie naby is. Jesus het ’n teken gegee wat die einde van hierdie goddelose stelsel van dinge sou kenmerk. Wanneer hierdie teken heeltemal vervul is, sal God alle boosheid van die aarde af wegneem. Die getuienis in die volgende artikels bewys dat hierdie teken nou vervul word en dat die einde van hierdie stelsel van dinge baie naby is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel