Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 9/15 bl. 31
  • VRAE van LESERS

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • VRAE van LESERS
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek het dit waarvoor ek lief was, leer haat
    Ontwaak!—1994
  • Voor en ná—donker verlede, helder toekoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Juan Pablo Zermeño: Jehovah het my ’n betekenisvolle lewe gegee
    Die Bybel verander lewens
  • Sport in die ou tyd en die belangrikheid van oorwinning
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 9/15 bl. 31

VRAE van LESERS

• Mattheüs 4:1 sê: “Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.” Verwys dit na God se heilige gees?

Dit was Jehovah se heilige gees wat Jesus in die woestyn ingelei het nadat hy gedoop is. Jesus het gevas, en dit sou ’n tyd vir gebed en bepeinsing wees. (Vergelyk Mattheüs 4:2; Markus 1:35; Lukas 5:16.) Jehovah het waarskynlik hierdie tyd gebruik om met sy eniggebore Seun te kommunikeer, vir hom instruksies, verdere verligting en hartlike versekering te gee om hom voor te berei vir wat voorgelê het.

Jehovah kon voorkennis gehad het dat wanneer sy Seun na die woestyn gegaan het om Sy doel te dien, dit ook op ’n toets deur die Duiwel sou uitloop. Maar die beproewing wat aan die einde van Jesus se verblyf van 40 dae in die woestyn gekom het, was nie iets wat God gereël het nie. Hy het dit bloot toegelaat.

Dit is betekenisvol dat Jesus se ervaring met die van Moses ooreengekom het. Daardie profeet was 40 dae lank op die berg toe hy die Wetsverbond en instruksies oor sy rol as middelaar ontvang het (Ex. 24:18; 34:28). Jesus, die profeet groter as Moses, moes instruksies in die wildernis ontvang het oor die nuwe verbond wat met sy volgelinge as geestelike Israeliete gesluit sou word en waarvan hy die middelaar sou wees (Deut. 18:18,19; Luk. 22:20, 28-30). En net soos Moses ’n vuurproef van sy lojaliteit en onkreukbaarheid ondergaan het toe hy afgekom en gesien het hoedat die Israeliete die goue kalf aanbid en dat hulle na Egipte wou terugkeer, is Jesus ook aan die einde van sy ondervinding van 40 dae swaar beproef.—Ex. 32:15-35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel