Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 9/15 bl. 32
  • “Sy ken al die Bybelantwoorde”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Sy ken al die Bybelantwoorde”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 9/15 bl. 32

“Sy ken al die Bybelantwoorde”

’n Vrou in die staat New York het ’n eksemplaar van My boek met Bybelverhale aan ’n ou klasmaat met ’n gesin gestuur. Na ’n ruk het die vrou ’n brief van haar voormalige klasmaat ontvang. Sy het in verband met haar dogter gesê:

“Elizabeth is dol op die boek—dis die enigste een wat sy wil hê dat ek saans vir haar moet lees. Ek lees elke aand vir haar 5 verhale (want sy is 5 jaar oud), en verlede week het haar Sondagskoolonderwyseres vir my gesê dat sy altyd op Elizabeth kan staatmaak vir al die antwoorde op Bybelvrae. Die skrywer moet dus iemand wees wat werklik weet waarvan kinders hou.”

Die vrou in New York sê van haar voormalige klasmaat: “Dit was haar eerlike opinie, want sy is baie uitgesproke en sal nie die boek loof as sy nie daarvan hou nie.”

Ons meen dat jy ook van hierdie pragtig geïllustreerde publikasie met groot druk sal hou. Die 116 Bybelverhale daarin gee die leser ’n idee van die Bybel se inhoud. Die verhale verskyn in die volgorde waarin dit plaasgevind het. Jy sal vind dat dit jou waarlik baie help om te sien waar sekere gebeure ten opsigte van ander in die geskiedenis plaasgevind het. Bestel hierdie waardevolle boek met 256 bladsye deur die koepon in te vul en te pos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel