Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 8/1 bl. 30-31
  • Veertig jaar van sendelingopleiding word gevier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Veertig jaar van sendelingopleiding word gevier
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe sendelinge—voorbereid vir sukses in die veld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Gileadsendelinge—getrou aan een doel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Gileadsendelinge is uniek!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Sendelinge bevorder wêreldwye uitbreiding
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 8/1 bl. 30-31

Veertig jaar van sendelingopleiding word gevier

AS JY op 6 Maart 1983 in die omgewing van Jehovah se Getuies se Byeenkomssaal in Queens, New York, was, sou jy dalk gewonder het waaroor al die opgewondenheid was. ’n Merkbaar uitgelate skare van 2 000 persone het ingestroom om die gradeplegtigheid van die 74ste klas van Gilead, wat uit 38 studente bestaan het, by te woon!

Sekulêre gradeplegtighede bestaan dikwels net uit oninteressante toesprake vol clichés. Maar Gilead-gradeplegtighede is uniek. Die gegradueerdes van hierdie klas word byvoorbeeld na 16 lande as sendelinge gestuur. Diegene wat belangstel in die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk kan nie anders as om opgewonde te wees hieroor nie! En die voorsitter van die gradeplegtigheid, A. D. Schroeder van die Bestuursliggaam, het verduidelik dat hierdie gradeplegtigheid 40 jaar van sulke sendelingopleiding gedenk het. Sedert 1 Februarie 1943, toe die skool ingewy is, het meer as 6 000 studente uit meer as 50 lande opleiding daar ontvang. Maar die predikingswerk in ’n vreemde land bied ’n aantal uitdagings. Verskeie sprekers op die program het derhalwe gepaste raad aan hierdie voornemende sendelinge gegee.

“Nederigheid kan jou beveilig”, het Martin Poetzinger gesê. Wanneer hulle in hulle toewysings aankom, sal die sendelinge met nuwe mense in aanraking kom. “Ons kan mense nie verander nie”, het Martin Poetzinger gesê, maar deur nederig te wees kan ons “veranderinge in onsself aanbring” om met hulle te handel. Max Larson van die Fabriekskomitee het die studente aangeraai: “Behou die gesindheid van ’n sendeling.” Hulle moet nooit eens daaraan dink om hulle toewysings te verlaat nie, het hy gesê, maar elke probleem aanpak met die vasbeslotenheid om daar te bly.

Instrukteurs U. V. Glass en J. Redford het vyf maande lank daagliks met die studente gewerk. U. V. Glass het die sendelinge dus aangespoor om soos die apostel Paulus te wees wat bereid was om homself ten behoewe van ander ‘te bestee’. Hy’t vertel van een jong sendelinge wat haar man in die kringwerk in die Stille Suidsee vergesel het. Dit was nie vir hierdie verfynde vrou maklik om deur die bosveld te reis en teen heuwels uit te klim totdat sy heeltemal uitgeput was nie. Maar sy het in haar werk volhard en genoegdoening geput uit die hulp wat sy aan haar broers en susters kon verleen. Jack Redford het die sendelinge eweneens aangespoor om “die soet en die suur” te aanvaar—en dit kan pyn, ongemak, ongerief en selfs siekte beteken. Soms sal hulle klein dingetjies mis—soos hulle gunsteling-koeldrank. Maar as hulle hulle oë op “die onsigbare” hou, kan hulle nietemin soete vreugde in hulle toewysings smaak.—2 Korinthiërs 4:16-18.

Theodore Jaracz en Milton Henschel van die Bestuursliggaam het die sendelinge ook hartlik vermaan. Jaracz het die studente herinner aan die Israeliete wat Jehovah vergeet het hoewel hulle die wonderdadige plae en die verdeling van die Rooi See gesien het (Deuteronomium 6:10-12). Milton Henschel het sy kommentare gebou om Prediker 7:12, wat ’n teenstelling tussen geld en godvrugtige wysheid tref. In sommige lande het inflasie geld feitlik waardeloos gemaak. Maar die kennis wat die studente verkry het, kon ‘uitgestrooi’ word tot voordeel van baie.—Spreuke 15:7.

Eindelik het die president van Gilead-skool, F. W. Franz, uitgewy oor “Jehovah se organisasie”. Hy het vertel van die tyd toe die behoefte aan ’n organisasie nie duidelik deur Jehovah se volk onderskei is nie. Maar namate ons begrip van die Bybel toegeneem het, het ons gesien dat daar in werklikheid slegs twee organisasies is—Jehovah s’n en Satan s’n. Hy het die sendelinge dus aangespoor om die organisasie aan te hang wat Jehovah gebruik.

Die middag het die studente ’n aangrypende skyfieprogram aangebied wat die geskiedenis van Gileadskool getoon het. Hulle het ook ’n roerende hedendaagse drama opgevoer wat party van die probleme wat baie ouers het om met hulle kinders te kommunikeer realisties uitbeeld.

Ons is seker dat hierdie gegradueerde sendelinge hulle by hulle nuwe tuiste sal aanpas en ’n groot bydrae tot die vooruitgang van die wêreldwye predikingswerk sal lewer. Hulle voorgangers het dit beslis gedoen.

[Prent op bladsy 30]

Die Brooklynse Bethelgesin woon die gradeplegtigheid van die Wagtoring-Bybelskool Gilead by, wat vanjaar sy 40ste bestaansjaar vier

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel