Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 3/1 bl. 8
  • ‘God laat groei’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘God laat groei’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Saadjies moet natgegooi word om te kan groei
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • God laat dit groei—Doen jy jou deel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Die deurlopende harmonie van die Bybel
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Dit is “God wat dit laat groei”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 3/1 bl. 8

‘God laat groei’

’n Boer kan ’n saadjie plant, natmaak en bewerk, maar hy moet geduldig op God wag om dit tot rypheid te laat groei. Dit is net so met Christenbedienaars. Die apostel Paulus het dit so gestel: “Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei” (1 Korinthiërs 3:6). Hoewel ons die “goeie nuus” kan verkondig en God se Woord aan belangstellendes kan leer, is dit God wat die “saad”, of ingeplante woord, tot volle Christelike wasdom laat kom, soos die volgende ondervinding toelig.—Mattheüs 24:14; Lukas 8:11-15.

“ln 1953 het ek ’n Bybelstudie met Mable en haar moeder begin. Ons het drie studies gehad. Maar Mable se man was so gekant teen die studies dat hy die huis verkoop en met gesin en al weggetrek het. Omdat sy so ’n groot liefde vir die Bybel gehad het, het ek dikwels gewonder wat van haar geword het.

“Verlede maand het ek hierdie brief ontvang, wat my gehelp het om te besef dat dit Jehovah is wat die ‘saad’ laat groei.

‘Liewe Virginia,

‘Na al hierdie jare is ons uiteindelik susters. Ek hoop nie jy het gedink dat ek die waarheid vir altyd prysgegee het nie. Dit het net al daardie jare gekos en uiteindelik het Jehovah se gees my genoeg krag gegee om standpunt in te neem.

‘Ek het dikwels gedink aan die “saadjies” wat jy soveel jare gelede geplant het, en ek wou jou net laat weet dat ek uiteindelik in die waarheid is.’”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel