Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 3/1 bl. 23
  • ’n Huwelik word gered

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Huwelik word gered
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat Jehovah se Getuies huwelike verbrokkel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jou gesin kan gelukkig wees
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Gesinslewe wat God behaag
    Wat vereis God van ons?
  • Moenie skei wat God onder een juk saamgevoeg het nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 3/1 bl. 23

’n Huwelik word gered

“’n Jaar gelede was ons op die rand van ’n egskeiding”, vertel ’n man in Nieu-Caledonië. Die rede? ’n Gebrek aan kommunikasie, botsende geaardhede, gesondheidsprobleme en die vrou se senukwaal. Na tien jaar het albei gedink dat hulle huwelik op die rotse is.

Een oggend het die vrou haar probleme met ’n buurvrou bespreek. Die buurvrou, wat toevallig een van Jehovah se Getuies was, het haar vertel hoe die praktiese advies in die Bybel gesinsprobleme kan oplos. Toe die man later hiervan hoor, het dit hom koud gelaat. Niks kon sy vrou se humeur en persoonlikheid verander nie, het hy gedink. Die vrou het nietemin die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin bestudeer. Sy het goed geluister na die Bybelbeginsels wat aan haar verduidelik is en het probeer om hulle in haar lewe toe te pas.

Die man vertel: “Binne ’n paar weke het ek veranderinge in haar persoonlikheid begin opmerk.” Uit nuuskierigheid het hy ingestem om ’n streekbyeenkoms by te woon en te sien wat daaragter steek. Die toesprake het hom diep geraak. Hy het sy vrou se Bybelstudie begin bywoon en erken: “Nou het ons die grondslag van waarlik gelukkige gesinslewe gevind. En ek en my vrou is baie bly dat ons hierdie oplossing vir gesinsprobleme—trouens, vir al die probleme waarmee mense vandag te kampe het—met ander kan deel.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel