“Dit het ons nader aan mekaar gebring”
So skryf ’n vrou aangaande die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe. “Ek het al heelwat gelees”, het sy gesê, “maar nog nooit het ek ’n publikasie so geniet soos hierdie een nie. Nadat my man ontbyt geëet en vertrek het, gaan haal ek my boek en lees ek ’n uur lank. Dis heerlik! My man kom etenstyd huis toe, gretig om te hoor watter nuwe dinge ek gelees het. Dit het ons nader aan mekaar gebring!”
Ons meen dat jy ook so opgewonde sal wees oor die boodskap in hierdie boek dat jy graag die dinge wat jy lees met ander sal wil deel. Die boek behandel feitlik elke omstrede Bybellering, en dit bied die getuienis so bondig en eenvoudig aan dat die antwoord vir die leser duidelik word. Die publikasie het 256 bladsye, dieselfde grootte as die bladsye van hierdie tydskrif, en meer as 150 leersame illustrasies, die meeste in pragtige kleur. Bestel nou. Slegs R3.