Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 4/1 bl. 17
  • ’n Lojale krygsman ontvang sy beloning

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lojale krygsman ontvang sy beloning
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Die voltydse bediening​—⁠Die seëninge wat dit vir my meegebring het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Kan jy jou beskikbaar stel?
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 4/1 bl. 17

’n Lojale krygsman ontvang sy beloning

“DIE WAGTORING” van 15 November 1983 het in die artikel “My vooruitgang saam met God se organisasie” die lewensverhaal van ’n moedige krygsman vir Jehovah se Koninkryk—Grant Suiter—vertel. Aan die einde van daardie artikel is daar gesê dat broer Suiter ’n kritieke rugbesering opgedoen het. Dit was op 30 Mei. Hoewel hy feitlik heeltemal verlam was, het broer Suiter nog byna ses maande aan die lewe vasgeklou. Hoewel hy ernstig gestrem was en nie kon praat nie, het hy steeds groot belangstelling in die vooruitgang van Jehovah se organisasie op aarde getoon, ’n organisasie waarvoor hy 36 jaar lank as sekretaris-penningmeester opgetree het. Hy het egter sy aardse loopbaan op die oggend van 22 November voltooi, en ’n aankondiging te dien effekte is daardie oggend na die oggenddiens en ontbyt aan die Bethelgesin by Brooklyn en Watchtower Farms gedoen.

Op Woensdagaand, 23 November, is ’n gedenkdiens in Brooklyn-Bethel se Koninkryksaal gehou, en dit is deur geslotebaantelevisie na die eetsale en deur telefoonverbinding na Watchtower Farms oorgesend. So kon die meeste lede van die Bethelgesin van 3 123 lede, met inbegrip van Gileadstudente en talle gaste, toesprake deur verskeie lede van die gesin hoor. Hierdie toesprake was nie lofsprake nie. Al die aanwesiges is eerder aangespoor om voordeel te trek uit die lojale lewenswandel van broer Suiter, wat hom inderdaad onderskei het as ’n ‘groot boom van geregtigheid’ en ’n oorwinnaar in die stryd om Koninkryksbelange (Jesaja 61:3, NW; Openbaring 14:13). Waardering is ook betuig vir die lojale ondersteuning wat hy van sy vrou, Edith, ontvang het gedurende die laaste dae van sy toegewyde diens op aarde.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel