Nuwe sekretaris penningmeester
Dit is ’n genoeë om aan te kondig dat Lyman A. Swingle aangestel is as sekretaris-penningmeester van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië sowel as van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van New York. Broer Swingle dien al 54 jaar getrou by die hoofkwartier van Jehovah se Getuies, die laaste 38 jaar as direkteur van die Pennsilvanië-genootskap, en ons sien uit na sy voortgesette diens in sy nuwe amp.