Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 6/1 bl. 25
  • ’n Besondere aspek van 1985 se byeenkomste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besondere aspek van 1985 se byeenkomste
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Internasionale byeenkomste in 2003
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Internasionale byeenkomste van Jehovah se Getuies
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Byeenkomste—’n tyd om bly te wees en God te loof
    Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 6/1 bl. 25

’n Besondere aspek van 1985 se byeenkomste

IN VERSKEIE dele van die aarde sal 1985 se streekbyeenkomste ’n bykomende, unieke aspek hê. Daar sal veral gepoog word om spesiale byeenkomste te hou in sekere streke dwarsoor die wêreld waar dit wenslik is om ’n groter getuienis te gee.

Gekose afvaardigings sal genooi word na ’n aantal stede in Europa, Karibiese en Mediterreense gebiede, Afrika, Suid-Amerika, die Verre Ooste en die Stille Suidsee. In sommige van hierdie streke sal daar twee of drie byeenkomsstede wees waarheen hierdie afvaardigings gerig sal word. Geskikte stede, waar ’n beperkte getal besoekers gehuisves kan word, sal gekies word. Sekere takke sal versoek word om aan te beveel wie na spesifieke byeenkomsstede genooi moet word, en daarom sal dit nie prakties wees om almal uit te nooi nie. Dit sal nietemin voordelig wees om ’n beperkte afvaardiging wat verskillende lande verteenwoordig teenwoordig te hê. Hierdie aankondiging word nou gedoen om Jehovah se volk te verwittig dat sommige die geleentheid sal kry om ander lande te besoek.

Die afgevaardigdes wat eindelik gekies word, sal beperk word tot toegewyde en gedoop te Getuies wat ’n goeie voorbeeld vir die plaaslike broers sal wees en ander sal bemoedig deur hulle gedrag en bywoning van die byeenkomste waarheen hulle genooi word. Daar word dus verwag dat hierdie persone hulle besoek hoofsaaklik sal beskou as ’n geleentheid om Koninkryksbelange te bevorder en nie bloot as ’n besigtigingsreis nie.

Verskeie aspekte van hierdie reëling moet nog uitgewerk word. Die Genootskap versoek dus dat niemand op hierdie stadium aan hulle skryf of oor die saak navraag doen nie. Nadere besonderhede omtrent hierdie reëling sal later voorsien word deur die Genootskap se takke wat genooi word om afgevaardigdes na ’n bepaalde land of lande te stuur.

Streekbyeenkomste vir 1985 sal soos gewoonlik in die meeste lande gereël word. Dit sal almal die geleentheid bied om die seëninge van teokratiese samesyn te geniet. Die byeenkomste sal ons verantwoordelikhede ten opsigte van Koninkryksdiens in hierdie tyd van die einde beklemtoon. Mag Jehovah se ryke seën rus op die groot insamelingswerk wat nou plaasvind terwyl ons uitsien na vanjaar se “Koninkryksvermeerdering”-Byeenkomste.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel