Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 7/15 bl. 3
  • Is dit werklik “net die noodlot”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is dit werklik “net die noodlot”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Is ons toekoms vooraf bepaal?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Is geloof aan die noodlot ’n Bybellering?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Daar is ’n tyd vir alles
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Is dit die noodlot of blote toeval?
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 7/15 bl. 3

Is dit werklik “net die noodlot”?

“DIT maak nie saak wie jy is of wat jy doen nie”, het die bedroefde man gesê, “hierdie dinge kan gebeur.” Sy vriend is dood toe stukke graniet van ’n gebou afgeval en hom getref het. “Dis die noodlot”, het hy swaarmoedig besluit.

Maar is ons werklik die magtelose pionne van iets wat “die noodlot” genoem word? Hierdie vraag slaan die mens reeds eeue lank met goeie rede dronk. Koning Salomo het eenkeer gesê dat ‘die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie’ (Prediker 9:11). Wat veroorsaak dan sulke teenstrydighede?

Salomo het verduidelik: “Tyd en lotgeval tref hulle almal.” Maar baie mense glo dat God hulle lot bepaal. Baie is byvoorbeeld voorstanders van Johannes Calvyn, ’n 16de-eeuse teoloog, se teorie van “voorbestemming”. Ander geestelikes het beweer dat God individue vir redding voorbestem. Maar Calvyn het dié bewering tot die logiese en skrikwekkende slotsom gevoer dat die mens ook tot verdoemenis voorbestem word! Hy het dit die decretum horribile, of “die verskriklike bevel”, van God genoem.

Sommige het die beswaar geopper dat God deur so ’n leerstelling vir sonde verantwoordelik gemaak word. Maar Calvyn het “’n sekere nikswerd” wat sy teorie teengestaan het, probeer weerlê deur verontwaardig te antwoord: “Hierdie arme drommel besef nie dat hy God se mag ondermyn deur valse voorwendsels te gebruik om God se geregtigheid te probeer verskoon nie.” Dit was vir Calvyn ondenkbaar dat ’n almagtige God nie onbeperkte voorkennis sou besit nie.

Geloof in voorbestemming of in die noodlot sal ongetwyfeld ’n diepgaande invloed op ’n mens se lewenswyse hê. Maar leer die Bybel werklik dat ons toekoms voorbestem is, dat ons eenvoudig slagoffers van “die noodlot” is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel