Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 7/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hoegenaamd geen bewys nie’
  • Die wetenskap ’n godsdiens?
  • Psigosomatiese genesing
  • Wat die fossielverslag sê
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Meningsverskille oor evolusie—Waarom?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Het alle lewe afgestam van ’n gemeenskaplike voorouer?
    Vyf belangrike vrae oor—Die oorsprong van lewe
  • “Aapmense”—Wat was hulle?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 7/15 bl. 21

Insig in die nuus

‘Hoegenaamd geen bewys nie’

ln ’n poging om te verduidelik hoe lewende dinge geëvolueer het, verlaat hedendaagse sosiobioloë hulle op Neo-Darwinisme, wat ’n jonger weergawe van Charles Darwin se teorie van stadige, aanpassende evolusie is. Maar ’n nuwer, mededingende teorie—wat Stephen Gould en ander “onderbroke ewewig” noem—beweer dat die voortbrenging van nuwe dierespesies in betreklik skielike “spronge”, of onegalig, voorgekom het.

Voorstanders van hierdie teorie beweer dat die fossielgetuienis hulle ondersteun. Waarom? Omdat intermediêre dierevorms “nie in die fossielverslag te bespeur [is] nie”, sê dr. John Turner in ’n onlangse nommer van “New Scientist”. Maar die grootste verskil tussen hierdie twee denkrigtings is dat voorstanders van die teorie van “onderbroke ewewig” beweer dat (1) die “spronge” nie deur ’n vorm van Neo-Darwinistiese aanpassing veroorsaak is nie, maar deur een of ander proses wat waarskynlik steeds onbekend is en dat (2) die “spronge”, volgens Turner, “altyd met die vertakking van die evolusieboom gepaard gaan”.

“Daar is geen afdoende bewys vir [hierdie idees] nie”, sê dr. Turner. “Ek wil selfs sê dat daar hoegenaamd geen bewys is nie. Van die essensiële sprongteorie kan ’n mens sê, soos Gould van sosiobiologie gesê het, dat dit nie nuwe insig lewer nie, en jy kan nie ’n enkele ondubbelsinnige feit ten gunste daarvan meld nie.” Maar aangesien onderbroke ewewig so gewild is onder mededingende evolusioniste, kom dit ook op ’n onbedoelde erkenning neer van hoe min, indien enige, bewys daar vir die tradisionele evolusieopvatting is. Aangesien nie een van die twee teorieë die gapings in die fossielverslag kan verklaar nie, ontbreek dit albei aan geloofwaardigheid.

Daar is egter ’n heeltemal bevredigende verduideliking vir die fossielgapings, een wat ook met moderne genetika ooreenstem. Dit word gevind in die Bybel se verklarings dat diere “volgens hulle soorte” voortbring en dat die mens ’n onafhanklike skepping van God is.—Genesis 1:24; 2:7.

Die wetenskap ’n godsdiens?

ln ’n onlangse artikel in “New Scientist” het Michael Shallis opgekom vir fisikus Fred Hoyle, wat vir party van sy beskouings gekritiseer is. “Miskien is Hoyle se grootste kettery”, sê Shallis, ‘dat hy die gedagte ingebring het dat die Heelal ’n kosmiese intelligensie nodig het om dit te beheer.’ Hy voeg by dat Hoyle glo dat “die Heelal nie sin het” sonder so ’n intelligensie nie.

Hoewel Shallis beweer dat die bestaan van God of die doel in die heelal ’n “metafisiese kwessie” is, wat nie deur die wetenskap behandel kan word nie, sê hy “dat wetenskaplikes deur hulle eie kollegas toegelaat word om metafisiese dinge oordoelloosheid te sê en nie die teenoorgestelde nie. Dit gee te kenne . . . dat die wetenskap, deur hierdie metafisiese gedagte toe te laat, ditself as ’n godsdiens sien en vermoedelik as ’n ateïstiese godsdiens (as daar so iets is).”

Die weiering om aan ’n hoër mag te glo, openbaar ’n gesindheid soortgelyk aan dié waarvan die psalmis gesê het: “Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes!” (Psalm 10:4; 19:2). Hierdie gesindheid beperk ook die teorieë omtrent die ontstaan van die heelal tot blote toeval.

Psigosomatiese genesing

Die talle studies wat nou oor psigosomatiese genesing uitgevoer word, “dui op ’n transformasie in die tradisionele beskouing [van die geneeskunde] wat beskryf is as ‘niks minder as revolusionêr nie’”, sê “Medical World News”. Die verstand se uitwerking op die liggaam se immuniteitstelsel is byvoorbeeld ’n onderwerp wat al hoe groter belangstelling wek. Onlangse studies toon dat daar ’n aansienlike afname in immuniteit teen siektes by weduwees en wewenaars na die verlies van ’n huweliksmaat is. Die immuniteit keer eers tot normaal terug wanneer die rouklaers hulle by hulle verlies aanpas.

ln ’n driejarige studie is die uitwerking van die verstand op die hart getoon in die behandeling van hartpasiënte wat glo “hardwerkend, aggressief en mededingend” is. Toe hierdie mans onder meer geleer is om geduld aan die dag te lê, hulle roosters te verander ten einde tyd in te ruim vir bepeinsing en vir dierbares, en om alledaagse irritasies uit te skakel, het dit die herhaling van hartspierinfarksie twee tot drie keer verminder oor dié van mans wat slegs mediese advies ontvang en gereelde mediese ondersoeke ondergaan het.

Sulke navorsing bevestig onder meer sekere Skriftuurlike verklarings. Die Bybel sê byvoorbeeld: “’n Vrolike hart bevorder die genesing” en “’n rustige hart is die lewe vir die vlees”.—Spreuke 17:22; 14:30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel