Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 8/15 bl. 8-9
  • Hoe jy die Bybel kan verstaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe jy die Bybel kan verstaan
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Filippus doop ’n Etiopiese amptenaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Filippus—’n ywerige evangelis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Hulp om die Bybel te verstaan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • “Die goeie nuus oor Jesus” word bekend gemaak
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 8/15 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Hoe jy die Bybel kan verstaan

VIND jy dit moeilik om die Bybel te verstaan wanneer jy dit lees? Baie mense vind dit moeilik. Weet jy waarom? Iets wat in die eerste eeu naby die hedendaagse Gasa-strook in Israel plaasgevind het, bied insig in wat nodig is om die Bybel te verstaan.

Die amptenaar wat die koningin van Ethiopië se geldsake behartig het, het van die Jode se God, Jehovah, geleer. Hy het dus die lang afstand na Jerusalem gereis om Hom te aanbid. Hier sien jy hoe die Ethiopiese amptenaar na sy tuisland in Afrika terugkeer met die woestynpad wat na Gasa loop. Die boekrol in sy hande is dié van Jesaja, en hy lees hardop daaruit terwyl hy reis.

Dit is die Christendissipel Filippus wat langs die wa hardloop. Hy is deur God se gees beveel: “Gaan daarheen en bly by daardie wa.” Wanneer Filippus die wa inhaal, hoor hy hoe die Ethiopiër uit die gedeelte lees wat nou Jesaja hoofstuk 53, vers 7, is, naamlik: “Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.” Filippus vra vir hom: “Verstaan u wel wat u lees?”

Die Ethiopiër is ’n nederige man wat graag meer oor die ware God en sy voornemens wil leer. Hy erken dus: “Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie?” Toe het hy by Filippus daarop aangedring om op die wa te klim en gevra: “Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?”

Filippus verduidelik dat hierdie gedeelte in Jesaja ’n profesie oor Jesus van Nasaret is. Jesus is kort tevore soos ’n offerlam om die lewe gebring, maar hy het uit die dood opgestaan, verduidelik Filippus. Hy is die Verlosser wat God beloof het! Dan gebruik Filippus ook ander tekste om oortuigend te bewys dat Jesus daardie beloofde Verlosser is. Nou het dit wat die Ethiopiër gelees het sin! Terwyl hulle voortreis, sê hy: “Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?” Daarop doop Filippus hierdie nuwe dissipel van Jesus.—Handelinge 8:26-39.

Hierdie Bybelverhaal toon hoe jy ook hulp kan ontvang om die Bybel te verstaan. Filippus het nou omgegaan met die apostels in Jerusalem en was ’n lid van Jehovah se sigbare organisasie. Hy was nie sommer net ’n onafhanklike Bybelleser wat sy mening oor die Skrif uitgespreek het nie. Daarom kon hy die Ethiopiër help om baat te vind by die onderrig wat Jehovah God deur Sy organisasie beskikbaar gestel het (Handelinge 6:5, 6; 8:5, 14, 16). Om die Bybel vandag te verstaan, het jy ook leiding van die verteenwoordigers van God se ware gemeente nodig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel