Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 8/15 bl. 26
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Surrogaatmoeders
  • Blinde godsdiensgeloof
  • Surrogaatmoederskap—Is dit aanvaarbaar vir Christene?
    Ontwaak!—1993
  • Valse godsdiens se dramatiese einde word voorspel
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
  • “Gaan uit haar uit, my volk”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die teregstelling van die “Groot hoer” kom nader
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 8/15 bl. 26

Insig in die nuus

“Babilon slaap, ongestoor deur oorlog”

Onder daardie opskrif het “The New York Times” onlangs die ruïnes van eertydse Babilon in hedendaagse Irak bespreek. Terwyl die oorlog tussen Irak en Iran onverpoosd daar naby woed, “is alles stil in Babilon . . . Daar is geen gidse, geen wagte nie, kwalik ’n besoeker.” Waarom is Babilon net ’n puinhoop sonder inwoners terwyl ander ou stede—Rome, Athene, Alexandrië—nog floreer? En watter les kan jy hieruit leer?

Bybelstudente dink onwillekeurig aan Jeremia 50:38 en 51:64, waar Babilon se ewige verwoesting voorspel is. Ons lees: “Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is ’n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.” “So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek [Jehovah] oor hom bring.”

Babilon was die hoofstad van die mens se eerste politieke ryk, wat deur Nimrod gestig is. Later het dit ’n wêreldmoondheid geword, van 632 v.G.J. tot 539 v.G.J. Kort voor die stad se einde het Nebukadnesar II oor die heerlikheid van die stad geroem: “ls dit nie die groot Babel wat ek opgebou het . . . nie?” (Daniël 4:30). Die stad se hangende tuine is as een van die sewe wonders van die vervloë wêreld beskou. Dit was ’n baie godsdienstige stad en het minstens 53 tempels gehad. Hoewel mense gedink het dat die stadsmure onneembaar is, kon nòg daardie mure nòg die valse gode en tempels die stad in 539 v.G.J. uit die hand van die Meders en die Perse red. Die stad het later heeltemal onbewoon geraak, soos in God se Woord voorspel en soos vandag nog die geval is.

Talle valse godsdiensleringe wat in Babilon ontstaan het, is na die godsdienste van die Christendom en van nie-Christelike nasies oorgedra. Al hierdie godsdienste word tereg “Babilon die Grote” genoem, wat volgens Openbaring 18:21 “neergegooi [sal] word en nooit meer gevind [sal] word nie”. Hoewel die letterlike stad Babilon dus in puin is, kan ons gerus ag slaan op die bevel in verband met die godsdiensryk van die hedendaagse Babilon die Grote: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”—Openbaring 18:2-4, vgl. NW.

Surrogaatmoeders

Reeds in 1799 is ’n geval van kunsmatige bevrugting by ’n mens opgeteken. Maar in onlangse jare het hierdie gebruik algemener geword. Volgens “The New York Times” word ’n vrou wat kunsmatig bevrug word en ’n kind vir ’n ander vrou in die wêreld bring, as haar plaasvervanger, ’n surrogaatmoeder genoem. Die onvrugbare vrou en haar man stem in tot hierdie reëling, en wanneer die surrogaatmoeder geboorte gee, word die baba deur die egpaar aangeneem. Die saad kan in so ’n geval van die eggenoot of van ’n ander skenker kom.

Hoewel baie in die wêreld hulle goedkeuring heg aan so ’n reëling, vra die Christen tereg of dit in ooreenstemming met God se wette is. Die Bybel stel die saak in Levitikus 18:20 (NW) duidelik, waar dit sê: “Jy mag jou saaduitstorting nie aan die vrou van jou volksgenoot gee, sodat jy daardeur onrein word nie.” Die kunsmatige bevrugting van ’n vrou deur ’n skenker wat nie haar wettige man is nie, maak haar skuldig aan egbreuk of owerspel, ’n sonde teen God (Deuteronomium 5:18). Die saadskenker en die surrogaatvrou is nie deur God in die huwelik saamgebind nie.—Mattheüs 19:4-6.

Blinde godsdiensgeloof

“Die vernaamste motivering vir oorlog is nie meer hebsug nie, maar godsdiens”, het rubriekskrywer H. Gordon Green, in “The Toronto Star” geskryf. Green het ter stawing gewys op die oorsake van die oorloë in Iran, lerland en die Midde-Ooste. Hy voer aan dat die bloed vrylik vloei “omdat die mens ewig oortuig is dat die geloof wat hy van sy voorvaders geerf het die enigste ware geloof en alle ander [gelowe] dwalinge en die werk van Satan is”.

Hierdie godsdiensopvatting dryf mense daartoe om diegene wat anders glo om die lewe te bring, sê Green, ln sommige gevalle word jong manne, wat vir baie van die bloedvergieting verantwoordelik is, deur hulle godsdiensleiers geleer dat sulke doodslag God se wil is en dat hulle met ewige geluk in die hemel beloon sal word. Volgens Green beskryf Ajatollah Khomeini die jong martelaars wat vir hulle geloof veg as “krygers van God”, en aan elkeen van hulle “het hy ’n klein metaalsleutel gegee om saam te neem na die slagveld—’n sleutel wat gewis die poorte van daardie hemel sal ontsluit”.

Maar is dit die soort “geloof” wat mense sal lei op die weg na ewige seëninge van God? Onthou dat Jesus vir godsdiensleiers van sy dag gesê het: “Hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” Jesus het gewaarsku: “Laat hulle staan” (Mattheüs 15:14). Juiste Bybelkennis help ons om blinde godsdiensgeloof te vermy en om Jehovah God met rein hande en ’n suiwer hart te dien.—Psalm 24:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel