‘Dit help ’n mens om tot Christelike rypheid te groei’
Dit is wat ’n Kanadese egpaar van die nuwe publikasie Verenig in die aanbidding van die enigste ware God gesê het. “Ek en my man het reeds ’n groot gedeelte van hierdie boek bestudeer”, skryf die vrou, “en ons het nog nooit so baie oor die waarheid gepeins nie. Hierdie boek help ons waarlik om die bedoelinge van ons hart te onderskei. Dit spoor ’n mens tot optrede aan en help ons om te sien hoe belangrik ons gedrag en diens aan Jehovah is. Kortom, dit is myns insiens die beste instrument en dit help ’n mens om tot Christelike rypheid te groei. Ons kan nie in woorde uitdruk hoe baie ons hierdie boek waardeer nie.”
Jy kan ook hulp ontvang om deur middel van hierdie uitstekende publikasie tot Christelike rypheid te groei. Kry jou eksemplaar deur die bygaande koepon in te vul en te pos. Slegs 90 sent.