“Hulle het my lewenswyse beïnvloed”
Dit is wat ’n man van Ghana, Wes-Afrika, oor Die Wagtoring en Ontwaak! gesê het. Hy het geskryf: “Ek kan waarlik sê dat hierdie tydskrifte my hart vir Christus gewen het. Hulle leer jou alles wat jy oor Christus en redding hoef te weet. Toe ’n boesemvriend hierdie tydskrifte aan my bekend gestel het, het ek gedink hulle sou vervelig wees. Eienaardig genoeg, hoe meer ek hulle gelees het, hoe meer het ek hulle geniet. Hulle het my lewenswyse beïnvloed. Ek vind hulle al hoe interessanter en baie leersaam.”
Die man het afgesluit: “Stuur asseblief vir my van maand tot maand eksemplare van hierdie wonderlike tydskrifte.” Jy kan ook Die Wagtoring en Ontwaak! by jou huis ontvang. Stuur slegs R11,20 en jy sal albei hierdie tydskrifte (vier eksemplare per maand) ’n jaar lank ontvang.