Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 11/15 bl. 8-9
  • Die twee opstandings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die twee opstandings
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Die opstandingshoop het krag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Die Koninkryk en die opstandingshoop
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Die opstanding van Jesus—Wat dit vir ons beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Hou vas aan die “goeie nuus”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 11/15 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Die twee opstandings

‘N LEË graf! Jesus se liggaam het wonderdadig verdwyn! Die owerpriesters het geld gegee aan die soldate wat die graf moes bewaak sodat hulle valslik moes sê dat Jesus se dissipels gekom en sy liggaam gesteel het (Mattheüs 28:11-15). Christus is in werklikheid opgewek en was die eerste een wat as ’n geespersoon opgewek is.—Handelinge 26:22, 23; 1 Petrus 3:18, NW. Benewens Jesus geniet ander ook ’n opstanding tot geeslewe, soos die Bybel sê: “Elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms [“gedurende sy teenwoordigheid”, NW]” (1 Korinthiërs 15:20-23). Wie is “die wat aan Christus behoort”? Dit is die 144 000 getroue dissipels wat gekies is om saam met Christus as konings in God se Koninkryk oor die aarde te regeer.—Openbaring 5:10; 14:1, 3; 2 Timotheüs 2:11, 12.

Die opstanding tot lewe as geesskepsele in die hemel is natuurlik vir mense-oë onsigbaar. Die Bybel beskryf die verandering tot geeslewe soos volg: “Daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; . . . ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek.”—1 Korinthiërs 15:42-44.

Hierdie opstanding tot lewe in die hemel word die eerste opstanding genoem. Die Bybel sê: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; “oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal . . . as konings regeer duisend jaar

lank” (Openbaring 20:6). Die opstanding tot hemelse lewe word ook “die vroeëre opstanding” genoem (Filippense 3:11, NW). Soos vroeër gemeld, vind dit plaas gedurende Christus se teenwoordigheid’, wat in 1914 begin het toe Jesus Christus teruggekeer het om as Koning te midde van sy vyande te begin heers.—Hebreërs 10:12, 13.

Die uitdrukkings “eerste opstanding” en “vroeëre opstanding” toon dat ’n ander opstanding sal volg. Nadat diegene wat medeheersers van Christus gaan wees, opgewek is en die aarde gereinig is van alle teenstanders van God se Koninkryk, sal die opstanding van dooies tot lewe op aarde mettertyd begin. Daar is dus twee opstandings. Eerstens is daar die opstanding tot hemelse lewe. Tweedens is daar die opstanding van “regverdiges sowel as onregverdiges” met die geleentheid om die ewige lewe op die aarde te kry.—Handelinge 24:15.

Dink net watter groot wonderwerk die opstanding is—die lewe word teruggegee aan mense wat opgehou het om te lewe! En dink net hoe noodsaaklik dit is vir die vervulling van God se voornemens! Hierdie wonderlike voorsiening van God behoort ons beslis te beweeg om alles in ons vermoë te doen om ons liefde en toegewydheid aan hom te toon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel