Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 11/15 bl. 27
  • Getroue Getuies in Argentinië word beloon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Getroue Getuies in Argentinië word beloon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • “Uitsondering op skoolreëls om die vlag te eer”
  • “Geen affronte nie”
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 11/15 bl. 27

Getroue Getuies in Argentinië word beloon

JEHOVAH SE GETUIES in Argentinië moes meer as 30 jaar lank hulle Koninkrykswerk onder groot druk verrig. Hulle het nietemin hulle Christelike neutraliteit bewaar, elke vorm van afgodediens vermy en in alle ander opsigte getrou by die Bybel gebly (Johannes 17:16; Exodus 20:4-6; 1 Johannes 5:19). Hulle het ook aangehou om God se werk te doen en die regverdige beginsels van sy Woord toe te pas. Hulle getroue volharding is beloon toe hulle op 9 Maart 1984 amptelik as ‘n godsdiens erken is.

Gelukkig het Argentinië se huidige regering ‘n verligte standpunt teenoor die Getuies en hulle Skriftuurlike posisie ingeneem. Ter erkenning van hulle status as ‘n godsdiensorganisasie en uit eerbied vir godsdiensvryheid is die kinders van Jehovah se Getuies onlangs vrygestel van deelname aan patriotiese seremonies. Die volgende berig wat op 18 Augustus 1984 in die bekende koerant La Nacion van Buenos Aires verskyn het, is in hierdie verband van belang:

“Uitsondering op skoolreëls om die vlag te eer”

“Leerlinge in onderwysinrigtings wat opgerig is om onderrig te gee in die hysing en stryking van die vlag, kan om godsdienstige redes afstand doen van hierdie eer, volgens ‘n resolusie van die Ministerie van Onderwys en Justisie, geteken deur dr. Carlos Alconada Aramburu.

“Dit is ‘n wysiging van die laaste paragraaf van die bepaling ‘Nasionale Vlag’ B 2 van die resolusie nr. 1635/78, wat gelui het: ‘Leerlinge kan nie om godsdienstige redes of om enige ander rede wat hulle mag aanvoer, afstand doen van hierdie eer (die opdrag om die land se embleem te dra, te hys en te stryk) nie.’

“Sodoende word ‘n groot aantal van die probleme vermy wat in baie skole ontstaan met leerlinge wat lidmate is van sekere gelowe wat die verering van embleme verbied indien sodanige embleme nie uitsluitlik vir God verteenwoordig nie, of wat eenvoudig die aanbidding van beelde of aardse simbole as sondig beskou.

“Die ministeriële resolusie bepaal dat die weiering om hierdie funksie te verrig, gegrond moet wees ‘op die beginsels wat voorgestaan word deur enige godsdiens of kultus wat deur die staat erken word en by die Nasionale Ministerie van Buitelandse Betrekkinge en Aanbidding geregistreer is’ en brei die toepassing van die bepaling uit ‘tot die verering, vertoning of dra van die Nasionale Embleem, insignia en simbole met die landskleure daarop, sowel as die sing van die Volkslied’.

“Ten slotte wys die ministeriële resolusie nr. 1818 daarop dat ‘hierdie kriterium toegepas sal word met dien verstande dat die gesindheid van onthouding eerbiedig en privaat is en nie aanleiding gee tot belediging, affront, hoon of oneer nie’.”

Op dieselfde dag het die Buenos Airesse koerant Clarin ‘n soortgelyke berig bevat onder die opskrif “Meer respek vir godsdiensvryheid”. Dit het onder meer gesê:

“Geen affronte nie”

“ln hierdie geval bepaal die Ministerie se resolusie dat die kriterium toegepas sal word met dien verstande dat die onthouding eerbiedig en privaat is en nie lei tot affronte, belediging, hoon of oneer nie.

“Deur dieselfde besluit word resolusie nr. 1635 van 1978 herroep, waarin bepaal is dat geen leerling afstand kon doen van die gemelde dade en eerbewyse deur godsdienstige of ander redes aan te voer nie.

“Die herroepte resolusie is herhaaldelik betwis, veral deur die aanhangers van Jehovah se Getuies wat, uit eerbied vir hulle godsdiens, weier om die simbool van enige land te vereer.

“Hierdie kwessie het gedurende die militêre regime talle konflikte veroorsaak, aangesien die leerlinge wat hierdie kriterium gevolg het uit die skole gesit en selfs voor die laer howe gedaag is.

“Daarbenewens is aanhangers van hierdie sekte gedurende die periode van 1976 tot 1983 deur die militêre owerheid tronkvonnise opgelê omdat laasgenoemde dit beskou het as ‘n belediging of skande vir die nasie wat aan hulle hulle primêre opleiding en, in sommige gevalle, hoër opleiding verskaf het.”

Dit is goed om hierdie blyk van eerbied vir godsdiensvryheid te sien. En stappe soos hierdie is inderdaad ‘n groot beloning vir getroue getuies van Jehovah in Argentinië.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel