Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/1 bl. 3-4
  • Wat het geword van Christelike waaksaamheid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat het geword van Christelike waaksaamheid?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Goeie redes vir waaksaamheid
  • Waarom baie nie meer waaksaam is nie
  • Wees altyd gereed!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Gelukkig is die wat wakker gevind word!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Hoe die Christelike verwagting vervaag het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Volg Jesus se voorbeeld van waaksaamheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/1 bl. 3-4

Wat het geword van Christelike waaksaamheid?

“WAT ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!” Daardie woorde van Jesus Christus het deur die eeue heen in die ore van opregte Christene weerklink. Maar hoeveel lede van die Rooms-Katolieke, Oosters-Ortodokse of groot Protestantse Kerke hoor nog daardie opwekkende waarskuwing in hulle ore weerklink?—Markus 13:37.

Waarom moes Christene waaksaam wees? Jesus het pas tevore gesê: “Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie . . . dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie” (Markus 13:35, 36). Jesus se dissipels moes dus waak sodat hulle gereed sou wees wanneer hulle Heer, Christus, kom.

Wat sou die doel van Jesus se koms wees? Sy vermaning tot waaksaamheid het deel uitgemaak van sy antwoord op die volgende pertinente vraag wat sy dissipels aan hom gestel het: “Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms [“teenwoordigheid”, NW] en van die voleinding van die wêreld?” (Mattheüs 24:3). Volgens ’n ooreenstemmende verslag het Christus eers ’n veelledige teken gegee en toe gesê: “Dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. . . . So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.”—Lukas 21:27-31.

Goeie redes vir waaksaamheid

Jesus Christus het dus aan sy dissipels goeie redes verstrek om geestelik wakker te bly en na die vervulling van “die teken” op te let. Dit sou beteken dat hulle Heer onsigbaar ‘teenwoordig’ is, want geen teken sou nodig gewees het as sy teenwoordigheid fisies, sigbaar, was nie. Maar sy geestelike teenwoordigheid sou ook beteken dat hierdie bose “wêreld” of stelsel sy “voleinding”, of tyd van die einde, binnegegaan het. En vir Christene sou dit beteken dat hulle “verlossing naby is”. Ja, dit sou beteken dat “die koninkryk van God naby is”.

Is dit nie inderdaad die kern van die Christen se hoop nie? Is dit nie juis waarvoor alle Christene geleer is om te bid nie, naamlik: “Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde”? (Mattheüs 6:9, 10). Behoort Katolieke wat hulle Paternoster bid of lede van ander kerke wat die Onse Vader opsê nie logieserwys waaksaam te wees om te sien of hulle gebede vervul word nie? Of kan dit wees dat die leringe van hulle kerk so te sê al die betekenis uit daardie gebed geneem het, sodat daar weinig oor is waarna hulle op die uitkyk hoef te wees?

Waarom baie nie meer waaksaam is nie

Christene moes hulle oë oophou vir die teken van Christus se teenwoordigheid (Grieks, pa·rou·si’a, wat in baie Bybelvertalings met “koms” vertaal word). Waarom? Omdat dit sou beteken dat die Koninkryk van God, hulle eie verlossing en die einde van “die wêreld”, of huidige bose stelsel, naby is. Die verskillende kerke van die Christendom moes hulle lidmate gehelp het om geestelik wakker te bly sodat hulle nie aan die slaap gevind word wanneer die Heer kom nie. Het die kerke hulle plig in hierdie

verband nagekom?

’n Wetenskaplike naslaanwerk sê: “Namate die tyd verloop het sonder dat die parousia plaasgevind het, het dit [die parousia], wat die kerk betref, al verder in die verskiet geraak en uiteindelik die gevaar geloop om heeltemal laat vaar te word as ’n geloofsartikel.”—The New International Dictionary of New Testament Theology.

Dit is trouens wat gebeur het. Die Christendom se kerke het die Christelike waaksaamheid laat vaar wat Jesus sy dissipels beveel het om nooit te verwaarloos nie. Hulle is nie meer op die uitkyk na Christus se teenwoordigheid en die koms van God se Koninkryk nie. Hulle het die verwagting van “die voleinding van die wêreld” weggepraat.

Die Franse eendelige ensiklopedie QUID 1984 gee ’n definisie van heersende godsdiensopvattings aangaande die einde van die wêreld. Onder “Kenmerke van die Katolieke godsdiens” sê dit: “Dit wil voorkom of die Kerk tans die einde van die Wêreld omskryf as die individuele toets waarvoor elke persoon by sy dood te staan kom.” Volgens The New Encyclopœdia Britannica kring die probleem wyer uit: “Die meer gevestigde Christelike kerke het die eskatologie [die leer van die “Laaste Dinge”] as sinloos of as ’n onbeduidende mite verwerp.”

Wat is dus die verrassende maar onontkombare antwoord op die vraag “Wat het van Christelike waaksaamheid geword?” Dit is doodgesmoor deur “die meer gevestigde Christelike kerke”, dit wil sê, die Rooms-Katolieke, Oosters-Ortodokse en groot Protestantse kerke. Ofskoon die lidmate van hierdie kerke nie die skuld daarvoor dra nie, wonder baie van hulle moontlik hoe en waarom hulle kerk die Christelike verwagting van Christus se teenwoordigheid, die koms van God se Koninkryk en die einde van hierdie bose stelsel weggerasionaliseer het. Die geskiedenisfeite wat hiertoe aanleiding gegee het, word in die volgende artikel ondersoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel